‘Dit moet stop,’ maar...

2013-01-27 00:01

Lindiwe Sisulu. Foto: Beeld

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die onreëlmatige gebruik van konsultante vir die werk wat staatsamptenare eintlik moet doen, moet end kry, sê Lindiwe Sisulu, minister van staatsdiens en administrasie.

Dit volg op die ouditeur-generaal (OG) se skokverslag die afgelope week oor die nasionale en provinsiale regerings se besteding van R102 miljard aan konsultante die afgelope drie boekjare.

Die OG se ondersoek het nie plaaslike regerings ingesluit nie.

“Wat ons nie wil hê nie, is konsultante wat gehuur word om die werk te doen waarvoor amptenare aangestel is. Dit moenie gebeur nie. Amptenare moet doen waarvoor hulle aangestel is,” sê Sisulu in ’n onderhoud met Rapport se susterkoerant, City Press.

Amptenare wat nie die regeringsregulasies ingevolge kontrakte vir konsultante nakom nie, kan streng optrede verwag.

“Die regering stel mense aan om bepaalde take te verrig. Van tyd tot tyd sal hulle konsultante nodig kry om hulle te help om ’n bepaalde doel te bereik, van versnelde dienslewering tot die verbetering van hul werk,” sê Sisulu.

Aanstellings in vakante poste gaan voorrang kry en tugprosesse moet korter duur sodat konsultante hul vaardighede aan staatsamptenare kan oordra, sê sy.

In die OG se ondersoek is juis bevind vakante poste en uitgerekte skorsings is die hoof­redes dat konsultante nie hul vaardighede kan oordra nie.

In die meeste gevalle moes die konsultant uitvind dat die se­nior bestuurder geskors is of dat die pos vakant is en kon hulle dus nie hul vaardighede oordra nie, sê Kimi Makwetu, adjunk-OG.

Dit is die vaardigheidskrisis wat die regering dwing om teen hoë koste hulp van buite in te roep, sê hy.

“Die verhouding tussen die openbare en die private sektor is noodsaaklik en jy kan dit nie wegwens nie. Maar wat ons bevind het, is ’n reeks sistemiese probleme in die manier waarop die konsultantkontrakte behartig word.”

Maar dienslewering sal heeltemal ineenstort sonder konsultante, waarsku die konsultant Graham Pirie, uitvoerende hoof van Consulting Engineers South Africa.

Hy verwyt die staat vir die gebrek aan behoorlike bestuurstelsels wat daartoe lei dat die betaling van R1 miljard vertraag word wat aan ingenieursmaatskappye verskuldig is.

Die hoë omset van personeel in die staatsdiens veroorsaak die afhanklikheid van konsultante, meen Deloitte, wat dienste rakende finansiële raadgewing, ouditeurs, belasting en konsultante aan die regering lewer.

Die voortdurende verandering van werknemers in leiersposisies veroorsaak dat die regering dikwels nie die voorstelle vir verbeterings en ver­-sterkings in werking stel nie.

As die beheer oor en bestuur van konsultante verbeter word, kan dit die regering se afhanklikheid van konsultante verminder, sê die maatskappy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
43 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Huldah Eloff Van Wyk sê... Die aaklike borde is reusagtig groot.Die borde self is 5 meters breed, en omtrent 4 en n halwe meters hoog! Die 6 ankerpale is 3 meters na agter en na voor. Dit staan voor mooi ou bouvallige huisies en n historiese kerk in Pienaarsig. Die laning Peerbome by die ingang is nou ontsier. All hierdie plekke word gereeld gefotografeer. Toeriste het ook al klagtes ingedien hieroor.Hierdie borde moet asseblief verwyder word. (Voorsitster van die Uilhuisstigting) Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PR Eng Civil

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R600000 - R800000

Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R450000 - R550000

Senior Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.