Dit spook by hom

2012-12-01 23:59

Nazan Klaasens, die enigste oorlewende van die ongeluk waarin drie matrikulante gesterf het. Foto: Nasief Manie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy was te moeg om self te bestuur, sê die enigste oorlewende van die motorongeluk wat verlede Saterdag die lewe van drie matrikulante aan die Hoërskool Mondale in Mitchells Plain geëis het. 


Sy vriend, Keenan Smith (18), wat nie ’n rybewys gehad het nie, het toe die motor bestuur. 

Smith het saam met Leigh-Anne Swail (18) en Kelly-Jade Ford (18) gesterf toe die voertuig omstreeks 06:00 in Spineweg, Strandfontein, voor ’n Golden Arrow-bus beland het. 

Sy lewe sal nooit weer die­selfde wees nie, sê Nazan Klaasens (21). Hy het gister die begrafnisse van Smith en Ford bygewoon. Hy was ook by Swail se begrafnis Donderdag. 

“Ek sal altyd wonder of dinge anders sou gewees het as ons ander keuses gemaak het. “Maar ek weet dis te laat om só te dink. Al wat ek nou kan doen, is om jongmense te waarsku om versigtig te wees op die paaie,” sê hy. 

Klaasens sê hy onthou nie veel van die ongeluk nie omdat hy geslaap het toe dit gebeur het. 

Hulle het tot 02:00 in ’n nagklub gekuier en is daarna Clifton toe om verder te kuier. Toe dit begin reën, het hulle teruggekeer huis toe. 

“Ek het vir Keenan die motor se sleutel gegee omdat ek te moeg was om self te bestuur.” 

Die wit Toyota Corolla waarin hulle gery het, was dié van Klaasens se ma, Freda.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek, sê kapt. Frederick van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder. 

Bronwen Dyke, woordvoerder van Golden Arrow, sê die busbestuurder is geskors totdat die ondersoek afgehandel is, “maar alle aanduidings sover is dat hy onskuldig is”. 

Die ongeluk is ’n skerp herinnering van hoe gevaarlik ons paaie kan wees, het Donald Grant, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, by monde van Millicent Merton, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, gesê. 

“Ons het tydens die eksamen deurlopend ’n beroep op alle kandidate gedoen om die einde van hul skoolloopbaan op ’n verantwoordelike manier te vier. 

“Kandidate is gevra om uiters versigtig te wees wanneer hulle bestuur en op ander voertuie en voetgangers te let. “Hulle is ook gevra om hul sitplekgordels te dra en seker te maak die bestuurder is nie onder die invloed van alkohol nie.” 

Volgens Merton het Grant vir Dan Plato, die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, geraadpleeg om ’n plan van aksie uit te werk vir die jaarlikse toestroming van studente en matrikulante na veral die Plettenbergbaaistreek in die Suid-Kaap. 

“Die provinsiale verkeersdiens het ’n vennootskap met die ­Bitou-munisipaliteit se verkeersdepartemente aangegaan hieroor,” sê sy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Ai ek mis hom omtrent. Hy het 'n groot verskil gemaak vir sy mense, hy het 'n hart van goud gehad en kon nog baie gedoen het. 'n Mens kan maar net wonder wat hy nog kon vermag het, maar nou ja, dis alles verby. Wie sal sy twee skoene vol kan staan? Wie sal die raadslede en ander politieke figure kan aanspreek met "flair" en "charm" terwyl hy hulle op hul selfsug wys? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 6-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.