Div se nuwe rol: ’n akteur

2012-08-04 23:40

Die sanger Brendt Wayne begin binnekort werk aan Brendt Wayne – When I Was a Young Boy.| Foto: Jaco Marais

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Peter de Villiers, die vorige Springbok-afrigter, het menige keer voor kameras en TV-ligte “opgetree”.

Nou gaan die breedsprakige De Villiers wéér voor die kamera verskyn, maar dié keer sal hy moet hou by ’n teks.

Hy hou sy lyf akteur in die fliek Brendt Wayne – When I Was a ­Young Boy.

Hoewel die verfilming eers in Februarie volgende jaar begin, begin voorbereidingswerk aan die projek binnekort.

Brendt Wayne – When I Was a Young Boy is losweg gegrond op die lewensverhaal van die Stellenbosse sanger Brendt Wayne (28).

De Villiers beskryf Wayne as “’n baie goeie mens”.

“Daai kind is baie voor sy tyd. Hy is gemeenskapsgerig en hy wil hê die jeug moet groei.”

Die fliek vertel die verhaal van ’n jong seun wat vir musiek leef en dan ’n platejoggie in ’n nagklub word.

Daar raak hy deurmekaar met dwelms en hy maak ’n meisie swanger. Die platejoggie gaan werk dan in Londen, waar hy so deur musiek begeester raak dat hy terugkom en almal se lewe daarmee wil aanraak.

“Die dwelms en swanger meisie is fiksie,” sê Wayne.

De Villiers gaan in die fliek verskyn as ’n fiktiewe karakter wat in die koerant van Wayne se projek lees en dan as borg betrokke wil raak.

Die gewese Bok-breier sê hy hou van uitdagings en is dus opgewonde om sy lyf akteur te hou.

“Ek sal maar eers kyk hoe alles werk. Ek wil eers al die feite hê voordat ek te opgewonde raak.”

Sal hy in nog ’n fliek speel as dié een ’n sukses is?

“Ek weet nie hoe die Here my lei nie; Hy sal weet wat oor my pad moet kom.”

Wayne sê hy wil graag dié storie vertel sodat almal kan besef hulle kan ’n verskil in ander se lewe maak.

When I Was a Young Boy is ook die naam van ’n liedjie op Wayne se album Beginning of Hope.

Die voormalige Bok-afrigter en Wayne het mekaar vroeër vanjaar ontmoet toe hulle saam in die musiekvideo Klaar gekla van Francois Louw verskyn het.

“Ek en oom Peter het dadelik goed oor die weg gekom en toe ek met die planne vir my fliek begin, het ek hom gebel.

“Hy het dadelik ingestem om ook daarin te speel,” sê Wayne.

Die Top Billing-aanbieder Greg Kriek gaan saam met Wayne die teks skryf en die regie behartig. Wayne sal self die hoofrol vertolk.

Dominic Neill, tans een van die top-10 in Idols, en die voormalige Idols-finalis Mathew Moolman maak deel van die rolverdeling uit.

Die verfilming gaan in Stellenbosch, Kaapstad en Londen gedoen word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Dis baie mooi werk, maar nou het julle sy loon gesteel, deur dit alles uit te bassuin vir almal om te sien en hom te prys! Vader se, doen jou goeie dade dat jou regterhand nie weet wat jou linkerhand doen nie, dan sal jou loon groot wees, maar, basuin dit uit en jy het jou loon gehad: Mat 6:1 Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie. Mat 6:2 Wanneer jy dan liefdadigheid bewys, moenie ‘n trompet voor jou blaas soos die geveinsdes in die sinagoges en op die strate doen, dat hulle deur die mense geeer kan word nie. Voorwaar Ek se vir julle, hulle het hul loon weg. Mat 6:3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, Mat 6:4 sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde. Sterkte aan die mense wat help daar, dit is 'n bitter stryd, hou moed en bly sterk in jul Skepper se Naam! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Financial Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Financial Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.