Dok Lappies het 84 j. gelééf

2012-08-12 00:11

Dr. Izak ­Labuschagne, oftewel Dok Lappies.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dr. Izak Labuschagne (84), een van die kleurrykste en bekendste persoonlikhede in Suid-Afrikaanse boks- en rugbykringe, is oorlede.

Labuschagne, wat in die sport­wêreld as Dok Lappies bekend gestaan het, het Donderdagaand in ’n Kaapstadse hospitaal gesterf nadat hy ’n heupfraktuur opgedoen het.

Hy was een van Suid-Afrika se voorste oor-, neus- en keelartse – ’n loopbaan wat hy gekies het toe sy pa hom as jong student nie wou toelaat om ’n professionele bokser te word nie.

’n Maand gelede het Dok Lappies en sy goeie vriend, Kotie van Heerden, oud-bestuurder van die bokser ­Gerrie Coetzee, nog saam by Coetzee in Bloubergstrand ’n draai gemaak, het Van Heerden aan Rapport gesê.

“Hy was ’n fantastiese mens, ’n ou wat die lewe gelééf het – bekend, maar iemand wat vir die gemeenskap omgegee het – dít was Dok Lappies,” sê Van Heerden.

Labuschagne het op 75 afgetree, ná jare se praktisering in Alberton en Germiston.

Hy was onder meer voorsitter van die Transvaalse Boksbeheerraad, lid van die Suid-Afrikaanse Boksbeheerraad, spandokter vir die destydse Transvaalse rugbyspan, lid van die mediese komitee van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad en die Internasionale Rugbyraad, en ere-president van die Transvaalse Rugbyunie en die Golden Lions.

Danksy sy passie vir dienslewering was hy in sy leeftyd by meer as 40 organisasies betrokke.

Tot diep in sy sewentigs het hy nog ’n aktiewe rol hierin gespeel, maar steeds daagliks spreekkamer toe gegaan om sy eerste liefde te beoefen, sê sy vrou, Margaret.

* Dok Lappies word oorleef deur vier kinders, agt kleinkinders en twee agterkleinkinders.

’n Gedenkdiens word Vrydag 17 Augustus om 15:00 in die NG Kerk Verwoerdpark, Alberton, gehou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cathy Kotzé sê... 'n Derde taal was altyd 'n opsie in skole. Ek het Duits geneem, my dogter het Latyn gekies. Europese tale het voorkeur geniet. Van ons vriende praat suiwer Xhosa en Zoeloe. Dit het duidelik hulle menseverhoudings verbeter met diegene vir wie daardie twee tale hulle moedertaal was. Moenie kinders en leerlinge onderskat nie, hulle kan die aanleer van 'n nuwe taal baie maklik akkommodeer. Die meeste swartmense ken reeds meer as drie tale. As hulle dit kan doen, waarom nie ons nie? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.