Don erf alles

2012-08-06 06:00

Don Steenkamp is sy vermoorde ouers se enigste erfgenaam.

Die seun, wat oor minder as twee weke sy 16de verjaardag vier, gaan egter nog vyf jaar moet wag voordat hy alles erf wat vir hom in sy ouers se testament agtergelaat is.

Luidens die testament van Deon (44) en Christel (43) Steenkamp, waarvan Rapport afskrifte het, het die Steenkamp-ouers al hul bates in twee trusts – die Edelweiss Trust en die Naauwhoek Trust – aan Don en sy 14-jarige suster, Marthella, bemaak.

Intussen is aan Rapport gesê die direkteur van openbare vervolging (DOV) in Kimberley gaan binnekort ’n “groot aankondiging” oor die saak maak.

Don se ouers en suster is op 6 April in hul huis op die plaas Naauwhoek buite Griekwastad vermoor.

Hulle is almal verskeie kere geskiet, na bewering met Deon Steenkamp se .357 Magnum-rewolwer en .22-geweer.

Don, die enigste oorlewende, was ten tyde van die moorde in die plaasskuur, sowat 30?m van die huis.

In die Edelweiss Trust het die Steenkamp-egpaar aan Marthella ’n deel van die plaas Brandkraal, met 100% van die lewende hawe daarop, agtergelaat.

Haar ma sou ook al haar juweliersware vir haar gegee het.

Dié deel van die boedel sal nou aan Don oorgedra word op sy 21ste verjaardag.

Don erf ook die plase Naauwhoek en Avondrust, asook 100% van alle lewende hawe daarop.

Avondrust is in 2001 teen R444?600 aangekoop.

Don erf ook sy ouers se vuurwapens.

Sou Don om die een of ander rede nie kon erf nie, sal sy ouers se ouers alles erf.

Die Steenkamps se buurman en Don se peetpa, Paul Botha, sal intussen as trustee van albei trusts dien.

Dit is onbekend of daar ná die moorde nog trustees aangestel is, maar volgens die testament mag Botha koop en verkoop volgens sy “uitsluitlike diskresie” en besluit hoeveel geld Don nou via sy voog mag ontvang.

Volgens kapt. Cherelle Ehlers, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, is die dossier van dié moordsaak nog by die ondersoekbeampte. Hy wag op die uitslae van een stel forensiese bewyse.

Ehlers het bevestig die polisie en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het al vergader om die dossier te bespreek, maar volgens haar is die dossier nog nie aan die NVG oorhandig nie.

Wanneer ’n dossier aan die vervolgingsgesag oorhandig word, kan die NVG besluit of hulle met die geregtelike vervolging van ’n verdagte wil voortgaan.

Phaladi Shuping, ’n NVG-woordvoerder, het die afgelope week gesê ’n dossier is wel al aan hulle oorhandig, maar hulle het dit na die polisie terugverwys vir verdere ondersoek.

Shuping het aan Rapport bevestig dat die DOV in Kimberley binnekort ’n “groot” aankondiging oor die saak gaan maak.
Die DOV kon dit egter nie self bevestig nie omdat die saak volgens hulle sub judice is.

Die DOV het Vrydagoggend ’n vergadering bygewoon waarop die saak bespreek is. Daar is die afgelope twee weke glo gereeld sulke vergaderings.

Rapport verneem ’n inhegtenis­neming gaan binnekort gemaak word.

Don verjaar Woensdag ­15 Augustus.

Sy voog, Bennie Heckroodt, het gister aan Rapport gesê hulle het niks spesiaals vir Don se verjaardag beplan nie.

“Dit gaan baie goed met Don en dinge is nou meer normaal,” sê Heckroodt.

Volgens hom is die seun baie gelukkig en hy vorder goed by sy skool.

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C Heavy rain. More sun than clouds. Cool. Pta: 12-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 10-23°C Sunny. Mild. Bfn: 10-21°C Showers late. More sun than clouds. Cool.
Dbn: 19-24°C Partly sunny. Mild. PE: 15-23°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!