Dorp van die Jaar: Sabie hou makietie

2012-09-01 23:54

Juanita du Plessis het die makietie afgesluit met treffers van die laaste klompie jare. Foto: Brett Steele

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die sangeres Juanita du Plessis sê die lekkerte van in kleiner dorpies optree is dat die mense so gasvry en vriendelik is.

En Sabie in Mpumalanga was verlede naweek geen uitsondering nie.

Sowat 3 500 feesgangers het dié dorp se nuwe status as Rapport en Kwêla se Dorp van die Jaar gevier. Die kompetisie is in samewerking met Leopard’s Leap aangebied.

“Ek word soos ’n prinses behandel,” het die gewilde sangeres van treffers soos Vlieg hoog gesê.

’n Optog van die Sabie-buiteklub het die grootste makietie in Sabie se geskiedenis ingelui.

Dít het ingesluit ou motors, fietsryers, Milo die bokkie wat vuur beheer en ’n brandweerwa, trompoppies en Wildebees-motorfietse.

Dan was Sarel van Sabie ook daar met al die ander sjefs van die dorp, ’n perderuiter en ’n vragmotor met ’n orkes op.

Die optog het by die Laerskool Sabie geëindig waar stalletjies en ’n reuse-markiestent opgerig is.

Plaaslike kunstenaars het deur die loop van die middag die gehoor aan die kuier gehou, waarna Juanita, die groep Adam (Reynardt Hugo, Joe Foster en Hugo Ludik) en Emo Adams en sy orkes die markiestent vol mense tot laat Saterdagaand laat feesvier het.

“Julle weet nie wat dié kompetisie vir die dorp beteken nie!” het Debbie Möller gejuig.

Sy was die voorsitter van die taakspan wat stemme vir Sabie gewerf het.

Met sy 71 902 stemme is Sabie ’n waardige wenner van die titel.

Lady Grey was tweede (64 677 stemme) en dan Prins Albert (62 759).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rieks Wilson sê... Vir die afduime kan ek maar net se, ek praat uit ondervinding. Ek was daar so 'n paar jaar terug. G'n verskil! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Corporate Sales Executive

Cape Town CBD
Evolution Recruitment

Project Engineer

Vereeniging
Rivoni Recruitment & Talent Specialist CC
R450000 - R500000

Chief Finance Officer - Tzaneen

Limpopo
DAV Professional Placement Group
R1 - R800000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.