Dorp van die Jaar: Selfs die spoke wil hier nie wyk

2012-07-14 16:13

WES-KAAP SE WENNER: PRINS ALBERT

As jy die inwoners van Prins Albert vra wat hul dorp so spesiaal maak, sê almal dis daardie ietsie ekstra, wat nie beskryf kan word nie.

Prins Albert is die Wes-Kaap se streekwenner in Rapport en Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie vir 2012.

Die vallei word beskryf as ’n juweel in die Karoo, met tuine wat nog uit leivore natgelei word en geboue wat meestal in die Karoo-, Victoriaanse of Kaapse-Hollandse styl gebou is.

Charles Roux, een van die gastehuiseienaars, sê die dorp van 250 jaar oud spog met 18 nasionale monumente in die omgewing.

“Die dorp self het sowat 8 000 inwoners en daar is sowat 15?000 mense in die distrik.”

Prins Albert kan 300 besoekers per nag in ’n groot verskeidenheid verblyfgeriewe huisves.

“Hier kan jou siel nog asemhaal,” nooi hy besoekers uit.

“In Prins Albert kry jy net daardie ietsie ekstra.”

Ailsa Tudhope het saans met ’n staproete deur die dorp begin om mense van die argitektuur te vertel, maar met haar swart jas en wandeling deur die begraafplaas is die staptog gou tot die “spookroete” herdoop.

“Ek kan darem nie die mense teleurstel nie en daarin vertel ek graag ’n spookstorie of twee,” sê sy geheimsinnig.

Tudhope sê sy glo beslis aan “dinge wat nie altyd verklaar kan word nie”.

“Hier is baie ‘spoke’ in Prins Albert, maar jy kan hulle nie kwalik neem nie! Dis so ’n lekker dorp, selfs nie eens die spoke wil padgee nie!” lag sy.

Die paleontoloog dr. Judy Maguire het ’n sagte plekkie vir die Swartbergpas wat in 1886 deur Thomas Bain voltooi is.

Herstelwerk word gereeld aan die pas gedoen om dit in ’n goeie toestand te hou en dit lyk steeds soos dit gelyk het toe dit meer as 100 jaar gelede gebou is.

Wat die pas vir haar so besonders maak, is dat dit met handearbeid gebou is en dat baie min skade aan die omgewing gedoen is.

Die Swartbergpas is in ’n gebied wat tot ’n Wêrelderfenis­gebied verklaar is, met ses verskillende protea-soorte wat hier voorkom.

“Van Prins Albert af tot op die kruin is die pad sowat 20 km lank, met die hoogste punt op 1 500 m.

“Die pas is omring deur pragtige natuurskoon en dit lok besoekers daarna. Dis ook die enigste toegang tot Die Hel,” sê sy.

Maguire sê die Swartbergpas is maar net een van die vele trekpleisters wat Prins Albert so spesiaal maak.

Besoekers gaan loer altyd by Avoova in waar volstruiseierdoppe gebruik word om hand­gemaakte artikels vir die uitvoermark te maak.

Die bestuurder, Eric van Rensburg, sê hulle kry volstruisdoppe van oral in die omgewing tydens die broeiseisoen waarna hulle dit behandel, weeg en in kratte verpak.

Hulle gebruik tussen vyf en ses ton eierdoppe per jaar en voer die produkte – van armbande tot fotorame – na 15 lande uit. Vir Van Rensburg is dit nie net sy werk wat lekker is nie, maar ook die uitsig vanuit sy kantoor.
Prins Albert is uitgeknip vir olyfboerdery en Prince Albert Olives maak tans 50 000 liter olie per jaar.

“Ons mikpunt is 250 000 liter,” sê die bestuurder, Essie Esterhuizen.

Hulle het 60 000 bome in en om die dorp.

“Die belangrikste is die natuur, want die bome moet gesond wees. Die droë, warm weer sorg dat daar omtrent geen swamsiektes is nie.”

Prince Albert Olives het in 2010 ’n goue toekenning by die Suid-Afrikaanse Olyftoekennings ontvang. Verlede jaar het hulle silwer ingepalm.

Zelia Mullins, bestuurder van die Prins Albert-toerismeburo, sê dis vir hulle uiters belangrik om toeriste welkom te laat voel.

“Ons dorp bied soveel vir besoekers. En as jy eers een keer hier was, kom jy altyd weer terug.”

Soos Ronel Tolken, die posmeester, dit stel: “Jy groei vas aan die dorp. Ons is net die beste dorp. Klaar.”



Prins Albert is bekend om sy natuurskoon en tipies Karoo-dorp is windpompe oral te sien.| Foto: karin burger

* Bepalings en voorwaardes
kan hier gelees word.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Rocky Bell sê... Vir my so hartseer dat sulke tye verbygaan. Al hoe meer raak mens bewus van die finaliteit - maak nie saak van jou kennis of statuur, as jou tyd uitgeloop het, is jou grootheid uitgedien......... Louw Alberts ... jou teenwoordigheid het baie betekenis gehad vir ons gewone mense Rus in Vrede. Jy was 'n meneer, MENEER Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-20°C Rain late. Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.