Dorp van die jaar: En die wendorp is...

2012-08-12 00:11

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sabie in Mpumalanga dra die kroon as Rapport en Kwêla se Dorp van die Jaar vir 2012!

Sabie het met 71 902 stemme die eerste plek verower, gevolg deur Lady Grey (64 677 stemme) en dan Prins Albert (62 759).

Clarens is in die vierde plek en Walvisbaai vyfde.

Die topvyf dorpe het elkeen méér stemme gekry as verlede jaar se wendorp, De Rust, wat in 2011 net oor die 39?000 stemme gekry het.

Vanjaar is meer as dubbel soveel geldige stemme as verlede jaar uitgebring, met 338 031 geldige stemme vir 2012 – en dit net in die eindronde.

Die volledige uitslag is:

Sabie: 71 902
Lady Grey: 64 677
Prins Albert: 62 759
Clarens: 49 184
Walvisbaai: 47 643
Schweizer-Reneke: 14 680
Hoedspruit: 11 794
St. Lucia: 8 006
Kathu: 7 386.

Karen Meiring, hoof van Afrikaanse kanale op kykNET, sê die groei in die belangstelling in die kompetisie is opwindend, asook om te sien hoe gemeenskappe hul eie kan omarm en saamstaan om ’n verskil vir hul dorpe te maak.

“Saam bou ons só aan almal se toekoms en welvaart.

“Die skep van ’n positiewe gees onder ons dorpenaars is ’n wonderlike geleentheid vir nasiebou.”

Meiring het al die mense wat soveel moeite gedoen het, gelukgewens met hul prestasie om in hierdie doel te slaag.

Pieter Cilliers, vervaardiger van Kwêla, sê die wedloop om die kroon was vanjaar die strafste nog.

Kwêla se kykers en Rapport se lesers het verseker dat die Dorp van die Jaar-kompetisie elke jaar groter en groter word.

“Met meer as dubbel soveel geldige SMS-stemme in die eindronde as verlede jaar het die mense hul sê gesê en Sabie is ’n waardige wenner!

“Geluk ook aan Lady Grey en Prins Albert wat dit net-net nie gemaak het nie.”

Hy sê te oordeel na die geesdriftige deelname glo hy die kompetisie snoer gemeenskappe saam en help só van Suid-Afrika ’n beter plek maak.

Volgens Bokkie Gerber, redakteur van Rapport, is die aanwysing van Suid-Afrika se Dorp van die Jaar deur ons lesers en die kykers van Kwêla veel meer as net ’n kompetisie met ’n uiteindelike wenner.

“Dit wakker trots aan en verskaf die gom wat dorpsgemeenskappe saamsnoer in hul strewe om as die beste dorp in die land aangewys te word.

“Die rekord-stemgetal van bykans 350 000 in die eindronde van vanjaar se kompetisie is ook aanduidend van die trefkrag van die Dorp van die Jaar-titel.”

* Sabie, aan die voet van die Longtompas, is vinnig besig om een van die voorste bestemmings vir buitelewe-geesdriftiges te word.

Daar is selfs mense wat meen die 7 km van die Sabierivier waartoe hengelaars toegang het, is die beste plek in die land vir vlieghengel.

Sabie is lankal nie meer net ’n bosboudorp waardeur ’n mens ry op pad Krugerwildtuin toe nie.

Die dorp is in die laaste jare ’n bestemming op sigself.

In Sabie is daar nou ook toenemend toeroperateurs wat hulle toespits op die uitdagende deel van die buitelewe.

Nie almal wil by ’n brug afspring of teen ’n waterval afseil nie, maar ook vir hulle maak die dorp al hoe meer voorsiening.

Die dorp is klein en die strate kan te voet verken word.

Een van Sabie se bekendste gesigte is ds. Sarel Loots. Sarel is nie net predikant in die nabygeleë Graskop nie, hy was ook ’n finalis in die program MasterChef SA.

’n Mens kan in die dorp oorbly en op daguitstappies na die Blyderivier, Pelgrimsrus, God’s Window of die wildtuin gaan, almal binne ’n uur of twee se ry daarvandaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Pieter Jordaan sê... Shocked to the core! RIP Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 9-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.