Dorp van die jaar: Tussen die duine en die diepblou see

2012-07-22 00:05

Tussen die duine en die diepblou see lê Walvisbaai...

Die ontdekkingsreisiger Bartolomeu Dias en sy bemanning het op 8 Desember 1487 hier anker gegooi.

In 1910 was daar ’n geskil met Duitsland oor die gebiedsgrense van Walvisbaai. Die dorp was tot Februarie 1994 nog deel van Suid-Afrika, waarna dit by die onafhanklike Namibië ingelyf is.

Vandag deel die inwoners graag hul bates met besoekers en toerisme raak al hoe belangriker vir die streek.

Beverley Fernandez, ekonomiese ontwikkelingsbeampte van die Walvisbaai-munisipaliteit, is oortuig haar dorp is “die beste dorp in die omtes”.

“Mense is baie trots op ons dorp, en niemand laat toe dat iemand nonsens praat van Walvisbaai nie.”

Sy sê die sowat 103 500 permanente inwoners geniet 270 dae van die jaar sonskyn.

Duin 7 is seker die bekendste baken in die omgewing met ’n amptelike hoogte van 98 m. Die duin word elke vyf jaar gemeet, en tans is dit 96 m hoog.

Dis hier waar Louis Oberholzer en sy familie van Dune 7 Adventures die adrenalien laat vloei.

Besoekers kan kies om die duine met ’n vierwielmotorfiets op te ry en dan weer met ’n sandbord af te gly.

Die hydro-bal gevul met 80 liter water en ’n passasier is ’n ander manier om die duine af te rol.

“Veiligheid is ons grootste prioriteit en ons begelei altyd die mense op spesifieke roetes,” sê Oberholzer.

Hy sê hy kan aan geen beter plek dink om juis die natuurskoon met besoekers te deel nie.

Fanie du Preez is ’n voormalige stadsklerk wat sy kantoor vir sandduine en ’n 4x4 verruil het. Hy is deesdae die toergids van Kuiseb Delta Adventures.

“Ek begelei elke toer al langer as 12 jaar lank.

“Die wêreld hier is so mooi, ek moet dit net met elkeen deel wat hier kom.”

By twee spesifieke plekke in die duine, Omega en Zeta, kom daar versteende spore voor – van mens en olifant tot leeu en seemeeu – wat 1 992 jaar oud is.

Dis ook die enigste plek in die wêreld waar versteende kinderspore gekry is.

Du Preez glo sy toere is opvoedkundig van aard, maar die pret bly nie agter nie deurdat die toere meestal op vierwielmotorfietse gedoen word.

Michael Lloyd, toergids van Catamaran Charters, neem elke oggend besoekers op ’n bootvaart om die robbe en dolfyne vir hulle te wys.

“Die seelewe is vir ons waardevol, so dis belangrik om mense daarvan te leer en ’n liefde vir die see te kweek.”

Lloyd is al so geliefd onder sy seevriende dat ’n rob of pelikaan gereeld op die boot kom aanklop vir ’n happie.

Toeriste op die boot word self nie afgeskeep nie, en Lloyd be­dien oesters en vonkelwyn op die roete.

Hy sê Walvisbaai was eers ’n vissersdorp, maar dit het intussen tot ’n toerismedorp gegroei.

Walvisbaai beskik dan ook oor Namibië se enigste diepsee-hawe.

Die Namibiese Hawe-owerheid, soos die hawe amptelik bekend staan, is onlangs aangewys as die beste hawe in Afrika.

Die kriteria was operasionele doeltreffendheid en die handhawing van die beste hawepraktyke in Afrika.

Cliff Shikuambi van die hawe se kommunikasie-afdeling sê hulle hanteer sowat 300 000 skeepshouers per jaar, waarvan 60% net tydelik in Walvisbaai geberg word voordat dit weer verder gaan.

Die grootste skip wat al hier aangedoen het, het 4 500 skeepshouers gedra.

Die publiek kan op hawetoere gaan, maar dit hang alles af van hoe besig die hawe is.

Walvisbaai en omgewing is net so gewild onder internasionale rolprentmakers, en die nuwe Mad Max-fliek met ons eie Charlize Theron word tans tussen die sandduine vervaardig.

“Wat goed genoeg is vir ’n Oscar-wenner, is goed genoeg vir ons ander besoekers,” glo die inwoners.

* Walvisbaai Salt Holdings (+264 64 21 3350) is die grootste natuurlike soutaanleg suid van die Sahara.
Gregory Swartz vertel hulle verwerk sowat 700 000 ton sout per jaar. Elke dag vervoer hulle 3 500 ton sout na die hawe waar dit onder meer na Nigerië, Kameroen, Kenia en Suid-Afrika uitgevoer word. Van die soutaanleg is ongeveer 4 500 ha onder water, waarvan 400 ha vir die kristali­sasieproses gebruik word.
“Die sout is absoluut natuurlik, want ons pomp seewater uit met die wind en son as ons ‘masjinerie’.”

* Die Rynse Sendingkerk Walvisbaai is ’n houtgebou wat in 1879 in Hamburg vervaardig en toe na Walvisbaai verskeep is. Kerkdienste is van 1881 tot 1966 hier gehou, waarna die Lionsklub die gebou oorgeneem en gerestoureer het. Dit is die oudste bestaande gebou op die dorp.

* Die lokomotief wat in 1899 in die Walvisbaaihawe gebruik is, staan in ’n glaskas by die stasie.

* Die strandmeer is sowat 7 km lank en op enige gegewe tydstip is daar 51 verskillende voëlspesies te sien. Dit is die rykste strandmeerlewe in Suider-Afrika.

* Anchors @ the Jetty (+264 64 20 5762) is die eerste gebou wat by die hawegebied, bekend as die Waterfront, opgerig is. By die houttoonbank het koffie en Brötchen aan toeriste verkoop voordat hulle op bootvaarte uit is. Vandag is dit ’n restaurant met die lekkerste vis.

* Oceans Restaurant (+264 81 128 0300) in die Waterfront is veral bekend om die vis op hul spyskaart. Melanie van Wyk, die eienaar, sê enige kusdorp moet ’n waterkant hê, daarom het die Walvisbaaiers so hard gewerk aan hulle s’n.

* Die Rapport- en Kwêla-span het by die Atlantic Hotel (+264 64 21 3000) van John en Roulla Savva tuisgegaan. Vir die eienaars is dit belangrik dat hul gaste tuis moet voel, vandaar die enorme kamers en heerlike kos.

Walvisbaai is Namibië se streekwenner in Rapport en Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie, wat beteken al die finaliste is nou bekend.

Volgende Sondag gee Rapport ’n oorsig oor al nege dorpe, gevolg deur ’n soortgelyke oorsig op Kwêla op 1 Augustus.

Die stemlyn word dan op 29 Julie oopgestel, waarna lesers tot 7 Augustus om 12:00 kan stem om die Dorp van die Jaar te bepaal.

Die wendorp word op 12 Augustus in Rapport aangekondig, met die groot makietie op 25 Augustus.

Onthou om Woensdag om 19:30 op kanaal 111 na Kwêla te kyk vir ’n insetsel oor Claude Pretorius se besoek aan Walvisbaai.

Kontak Hetta Saunderson by 082 920 3444 vir enige navrae.

* Vir vorige Dorp van die Jaar-berigte, kliek hier.



Walvisbaai se hawegebied, bekend as die Waterfront, is baie gewild onder besoekers vanweë die restaurante en winkeltjies. Die boottoere vertrek ook van hier.
| Foto: Karin Burger



Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 16-26°C Sunny. Warm. Pta: 12-21°C Showers early. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 8-18°C Morning clouds. Mild. Bfn: 8-21°C Broken clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C More sun than clouds. Mild. PE: 13-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

kalahari.com se #1 topverkoperproduk

gobii se e-leser + GRATIS muurlaaier en kunsleeromhulsel nou R599, bespaar R340. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

25% op nuwe en topverkoperflieks

Kies uit gewildste titels soos Despicable Me 2, Gravity, Frozen, The Hunger Games: Catching Fire en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe boekuitreikings!

Kom loer na die opwindende boeke wat ons so pas uitgepak het. Titels sluit in David & Goliath van Malcom Gladwell, The Goldfinch van Donna Tartt en nog baie meer. Koop nou!

DVD’s vir minder as R100

Kry hierdie epiese trefferflieks vir minder as R100. Titels sluit in Frozen, Despicable Me 2, About Time, The Animal Communicator en nog baie meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!