Douw se dier laat rande rol

2012-11-19 06:49

’n Vennootskap tussen ’n superryk Suid-Afrikaner en ’n “Russiese aristokraat” is ’n verhaal van reusagtige sakesukses.

Of soos die versekeringsreus Douw Steyn (59) van Johannesburg en sy vennoot, Aleksandr Orlov, dit noem: “Simples!”

Dié woord (uitgespreek “seem-pels” vir “dis eenvoudig”) is die slagspreuk van die reklameveldtog vir die aanlyn-versekeringswebblad in Engeland comparethemeerkat.comvir korttermyn- en lewensversekering.

Orlov, ’n animasie-meerkat, is die hoofspeler in dié veldtog wat in 2009 begin het toe Steyn nog baas was van die BGL-versekeringsgroep.

“Die man agter die meerkat”, soos die Britse pers hom noem, het in Februarie vanjaar hier bedank. So ingeburger het die woord “simples” in die Britse omgangstaal geraak dat dit in die jongste uitgawe van hul Collins- verklarende woordeboek opgeneem is.

Die idee van ’n meerkat is gebruik omdat dié woord soos “market” klink.



Die Engelse Sunday Times, wat pas sy land se lys van top-20-superrykes bekend gemaak het, meen Aleksandr is die rede vir Steyn se groeiende rykdom.

Sedert die begin van die veldtog het sy rykdom glo verdubbel van £220 miljoen (sowat R3 miljard) tot £420 miljoen (sowat R5,9 miljard). Dis danksy Aleksandr en nog ses meerkatvriende wat vir dié veldtog vir BGL gekonseptualiseer is, meen Britse sakeontleders.

Die meerkat-konsep se skepper is Darren Walsh van Pas­sion Pictures wat ook TV-advertensies regisseer.

Dié meerkatte word selfs as sagte speelgoed verkoop en meer as ’n miljoen van die Orlov-familie het al huise gevind.

Aleksandr het ook sy eie Facebook-blad met duisende volgelinge en sy doen en late kan op Twitter gevolg word.

Sy “outobiografie”, A Simples Life: The Life and Times of Aleksandr Orlov, vertel van sy voorsate se reise van die Kalahari na Moskou. Daarna het nog ses boeke, Meerkat Tales, gevolg.
Steyn, wat deels in Suid-Afrika en deels in Londen woon, het onlangs in Londen die huis van wyle Bruce Wasserstein, ’n Wall Street-miljardêrbankier, teen £62,75 miljoen (sowat R820 miljoen) gekoop.



In Suid-Afrika besit hy die vyfster-Saxon-hotel in Johannesburg en die Shambala-wildreservaat in die Waterberge.

Jonathan Butt, Steyn se persoonlike assistent, het aan Rapport gesê Steyn is ’n “buitengewoon private individu en staan nie onderhoude aan die media toe nie”.

Hy meen egter Aleksandr Orlov het gekom om te bly, al het Steyn BGL verlaat.

Ian Young, besturende direkteur van die reklameagentskap Saatchi & Saatchi in Kaapstad, het by navraag gesê die sukses van die meerkatveldtog is te danke aan sy vermaaklikheidswaarde en sigbaarheid.

“Baie maatskappye vergeet dat mense selfs in moeilike ekonomiese tye ook emosioneel op boodskappe reageer en dié advertensies onthou wat die regte snaar pluk.

“Dié veldtog is heeltemal anders – dis snaaks, uitstekend uitgevoer en hoogs onthoubaar.

“Die gebruik van ‘simples’ is vlymskerp en het ’n frase in die omgangstaal geword, wat die handelsmerk in mense se geheue inbrand.

“Wat die veldtog laat uitstaan, is die insig dat die meeste mense deesdae eers aanlyn kan rondsoek vir die beste transaksie en pryse kan vergelyk.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.