Dowe skone se lewe vat vlam

2010-08-14 22:00

Iran se Sahar Motogain (links, vierde prinses in Mej. Dowe Internasionaal) en Vicki Fourie.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die dag toe sy geskiet is, het sy nooit die skoot hoor klap nie – sy het net die skielike brandpyn in haar skouer gevoel.

Want Vicki Fourie (21) leef nog altyd in ’n wêreld van algehele stilte. Sy is doof.

Maar die skietvoorval, op die tenger ouderdom van 14, het haar lewe verander. Sy leef sedertdien voluit.

Fourie is pas in Las Vegas gekroon as die tweede prinses in die eerste Mej. Dowe Internasionaal-kompetisie. Sy is ook Mej. Dowe Suid-Afrika.

Sy sê haar ouers het besef daar is fout toe sy op tweejarige ouderdom nog nie gepraat het nie. In ’n breinstamtoets is vasgestel sy het net sowat 3% gehoor.

Vicki is later by die Carel du Toit-skool ingeskryf waar sy geleer praat en liplees het.

“My ouers moes elke dag met my sit en my leer praat, ek kon dit nie net spontaan aanleer soos horende kinders nie. Dit het baie moeite en soms trane geverg.”

Toe kom die skietongeluk.

“Ek en my vriendinne was op ’n wildplaas en wou ’n foto neem waar een van die meisies ’n jaggeweer vashou. Dit het per ongeluk afgevuur en my in die linkerskouer getref. Ons het hospitaal toe gejaag, waar hulle x-straalfoto’s geneem het.
 
“Die dokter het daarna gekyk en gesê eintlik moes ek dood gewees het. Dit was ’n wonderwerk dat die koeël nie my hoofslagaar getref het nie.”

Vicki sê hierdie ervaring het haar hele lewensperspektief verander. “Ek het altyd gedink die lewe gaan oor my, oor wat ek wil hê. Maar toe het ek besluit om nie meer selfsugtig te wees en myself jammer te kry nie. Die lewe skuld jou niks nie. Dit is jou eie verantwoordelikheid om iets daarvan te maak.”

Vicki leef nou dié filosofie uit in haar loopbaan as deeltydse model, skrywer en motiveringspreker.

Sy vertel die meisies in die kompetisie in Las Vegas was almal nederig en het mekaar ondersteun. “Ek het al agtergekom meisies wat gehoorverlies het, of iemand wat in ’n rolstoel is of blind is, het ’n sagte gees. Ons gebrek maak ons nederig teenoor mekaar.”

Sy was verstom toe sy as tweede prinses gekroon is. “Die lewe maak soms snaakse draaie wat ’n mens verras.”

Sy maak tans reg om deel te neem aan die Mej. Dowe Wêreld-kompetisie, wat volgende jaar gaan plaasvind in Tsjeggië, Marokko of China.

“Ek aanvaar dinge maar soos dit kom en probeer om nie altyd te veel te beplan nie, want dan laat jy nie ruimte vir God om jou te verras nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.