Drie regters kyk weer na kaptein se skop teen kop

2012-09-16 00:27

Ben Zimri (30) verlaat eergister die hooggeregshof in Kaapstad nadat drie regters uitspraak voorbehou het op sy appèl teen sy skuldigbevinding aan strafbare manslag en tronkstraf van vyf jaar.| Foto: Nasief Manie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Getuies wat saamsweer en assessore wat te wit is, het onregmatig gelei tot ’n gewese kaptein van die Delicious-rugbyklub in Ceres se skuldigbevinding ná die skopdood van ’n ander speler.

Dié aantygings is eergister in die hooggeregshof aangevoer in die appèlsaak van Ben Zimri, gewese rugbykaptein, teen sy skuldigbevinding aan strafbare manslag en tronkstraf van vyf jaar.

Andrew Craiger, advokaat vir Zimri, bevraagteken nou die regverdigheid van dié strafsaak waarin die staatsgetuies glo saamgespan het en die drie wit assessore “nie verteenwoordigend van die gemeenskap was nie”.

Zimri is in 2008 gevonnis nadat hy die losskakel van Rawsonville, Riaan Loots, op 23 Junie 2006 in ’n klubwedstryd met ’n stywe arm teen die strot getref en toe teen die kop geskop het. Loots is later breindood verklaar.

Met sy appèl het Zimri “’n berg om te klim”, het regter Ashley Binns-Ward, wat saam met regters Willem Louw en Rosheni Allie die appèlsaak aanhoor, gesê.

Hy het gesê die mediese bewyse strook met die getuienis van die staatsgetuies, en dat Zimri moes voorsien het hy kon Loots se dood veroorsaak het.

Craiger het toegegee Zimri se optrede was “gevaarlik”. Louw het gesê volgens die getuies het Zimri vir Loots “gaan haal, teruggetree en geskop”.

“Sou ’n redelike man kon sien dat hy dalk daardie persoon kon doodmaak?”

Zimri se rugbyloopbaan is verby en dit op sigself is ’n straf en sy kliënt moes eerder korrektiewe straf opgelê gewees het, het Craiger aangevoer. Hy wou ook weet watter les Zimri se tronkstraf moet uitstuur. “Dat daar ’n grens is aan waarmee mens kan wegkom,” het Louw geantwoord.

Binns-Ward het toe gesê dis opvallend dat Zimri van die begin af en tydens sy getuienis nooit berou getoon het nie.

Anthony Stephens, advokaat vir die staat, het gesê die verdediging was “onsamehangend” en het verwys na die “halfgebakte” teorie dat die oorledene vroeër in die wedstryd beseer is.

Die staat se getuies het op die regte tyd na die regte plek op die veld gekyk en iets so skokkend gesien dat dit hulle altyd sal bybly, het Stephens gesê.

Die bewering dat daar ’n sameswering teen die appellant was is nie bewys nie.

Uitspraak is voorbehou.

* Loots se ouers, Willie en Lana, het nie die hofverrigtinge bygewoon nie.

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.