Drie vuiste tref Jan Publiek

2012-08-18 23:49

Die afgelope week het drie gebeure aan die verbruikersfront my tussen die oë getref.

Vuis nommer een was die resultate van MBD Credit Solu­tions en Unisa se Buro vir Marknavorsing (BMR) se indeks van verbruikers se finan­siële kwesbaarheid (CFVI).

Sedert die vorige kwartaal het verbruikers teruggegly van “effens blootgestel” aan kontantvloei-risiko’s tot “baie blootgestel”. Die gevolg is dat krediet toenemend aan mense verleen word net om kop bo water te hou ... Jan Publiek leen nie geld om die nuutste Playstation te koop of oorsee te gaan nie, hy leen dit om brandstof in sy tenk en kos op die tafel te hou – en betaal in die proses 33% rente oor 12 maande vir ’n blikkie sousboontjies en ’n pak van tien rolle enkellaag-toiletpapier.

In dié scenario is daar wenners en daar is verloorders, sê prof. Carel van Aardt, BMR se navorsingsdirekteur. Die wenners sluit in hoërinkomstegroepe, verbruikers wat lae rentekoerse betaal, mense met hoër vaardigheidsvlakke, asook staatsamptenare en verbruikers met goed ontwikkelde persoonlike finansiële vaardighede.

Die verloorders, daarenteen, is punt vir punt die teenoorgestelde van die wenners: van laer inkomstegroepe tot mense met lae of geen finansiële geletterdheid nie.

Van Aardt glo die owerhede kan dié neiging (om krediet te gebruik vir oorlewing) help omdraai deur mense onder meer te leer om hul geldsake te bestuur, te verseker dat mense arbeidsmark- en entrepreneursvaardighede het en deur dryfvere te skep wat spaar aanmoedig en terselfdertyd onnodige besteding ontmoedig.

Dis nou juis op dié punt dat vuis nommer twee aan die deur begin hamer, oftewel min. Trevor Manuel se nasionale ontwikkelingsplan vir 2030.

Die plan is weldeurdag; dis gedetailleerd. En dis baie beslis nie vir sissies nie. Sake24 het Donderdag berig: “In 2009 is bevind dat 39% van die bevolking oorleef op ’n inkomste van minder as R419 per maand.” Dit, vir die rekord, is amptelik armoedig. En dis maar net één van die ontwikkelingsplan se fokus­gebiede.

Manuel, die man agter die plan, het uiteraard al die ondersteuning nodig wat hy kan kry, en daar word groot gewag gemaak van toepassing op voetsoolvlak, die aktiewe betrokkenheid van elke Suid-Afrikaner en die hulp en steun van die sakegemeenskap.

Oor die minister se vermoë lê ek nie wakker nie, en voorlopig gee ek die sakegemeenskap die voordeel van die twyfel. Maar elke Suid-Afrikaner se betrokkenheid? Mmmm, “proaktiwiteit” is nie die eerste woord wat by my opduik as ek aan my gemiddelde landgenoot dink nie.

Nog iets wat my waarskynlik gaan laat skape tel, is die uitvoerders van die plan. Die legendariese storieverteller Jan Spies het glo graag gesê hy het nie ’n probleem met God nie, dis die grondpersoneel met wie hy sukkel. En tot dusver was daar net te veel regeringsgrondpersoneel wat ons in die pekel gekry het vir my om te opgewonde te raak oor ’n soortgelyke bende wat nou veronderstel is om ons daar úit te kry.

Die kwessie van problematiese grondpersoneel bring my helaas by vuis nommer drie, of liewer, die blaamverskuiwende gemanikuurde handjie van onse verbruikerskommissaris. Mamodupi Mohlala-Mulaudzi het 19 dae voor die verstryking van haar kontrak die Pretoriase Persklub toegespreek. Die uitnodiging het allerlei onthullings belowe, wat blykbaar nie heeltemal verwerklik is nie.

Wat wel verwerklik is, was Mohlala-Mulaudzi se gewone Molotof-mengsel van arrogansie en onkunde, soos duidelik blyk uit die volgende twee stellings. Een: “Ek het uitgeblink...” (Die woord wat sy gebruik het, was “excel”, wat ook vertaal kan word as “uitmunt”, “skitter”, “jou onderskei”, “jou oortref”). Twee: “Daar is glad nie kwade gevoelens tussen my en (die minister van handel en nywerheid) Rob Davies nie.”

Ek dink nou die dag weer aan dié ou sêding: “As bollie praat ’n siekte was ...” Wel, dan was Mohlala-Mulaudzi seker al teen hierdie tyd op ’n lewens­ondersteuningstelsel – en bitter jammer dat sy die laaste tyd die medieseskema-bedryf so in die harnas gejaag het.

***

Binnelandse sake

Lizette van Straten is in die wolke oor Verbruikersvasvat se hulp met ’n geboortesertifkaat wat nou al drie jaar lank by binnelandse sake sloer. Sy skryf: “Ek weet nie hoe om jou te bedank nie. Vir my is jy soos ‘Superwoman’ wat vir ons klein mensies daarbuite die groot reuse aanpak.”

Reslinck

Wilma Strauss het onlangs by Verbruikersvasvat kom aanklop met ’n drievoudige klagte oor dié onderneming. Een: Sy het onder druk gevoel om vir die telebemarker haar bankbesonderhede oor die foon te gee (altyd ’n fout). Twee: Nadat die beloofde diens nie gelewer is nie, kon sy nie die debietorders gestop kry nie. Drie: Die produk- en diensbelofte was verwarrend. Omdat ek nog nie van Reslinck gehoor het nie, het ek my internet-huiswerk gedoen, maar ek kon self nie agter die kap van die byl by dié diens kom nie. Plus, daar is ’n stewige klompie klagtes teen hulle op die verbruikerswebwerf hellopeter.

Wat my wel beïndruk het, is die vinnige en beleefde terugvoering van die besturende direkteur, Lance Talberg. Reslinck is tans besig om Strauss se state te rekonsilieer en ’n volledige terugbetaling sal eersdaags gedoen word. Op my vraag presies wat Reslinck doen, het hy verduidelik: “Ons mandaat is om kleiner verblyfplekke (byvoorbeeld B&B’s) blootstelling te gee aan die korporatiewe mark wat vir 70% van alle reisaktiwiteite in Suid-Afrika verantwoordelik is.” Afgesien van die terugbetaling het hy onderneem om Strauss se maatskappy, Kambro-Akkommodasie en Padstal, vir drie maande gratis op die Hotelzon Platform te plaas.

Sovereign Foods

Sovereign Foods het korte mette gemaak met Piet Pretorius se verbruikersontevredenheid. Hy skryf: “Hul verteenwoordiger het vanoggend 5?kg ontbeende hoender by my huis afgelaai en my ook bedank omdat ek die fout aan hulle uitgewys het.” Sy naskrif lui: “Hulle weet ook net hoe om ’n ou man te kalmeer; stuur die hoender saam met ’n pragtige jong blondine! Hoe kan ek dan nou baklei?” Duidelik ’n onderneming wat nie vere voel vir hul klante nie!

Special Pieces

In Mei vanjaar het Elma Vertue my gekontak oor ’n winkel genaamd Special Pieces se versuim om haar ma, Ans Henning, te betaal vir ’n antieke eetservies wat sy aan hulle verkoop het. Tallose verbreekte beloftes en ’n wye spektrum van verskonings later is die derde veelbeloofde paaiement steeds nie betaal nie.

Dit is nie die eerste keer dat ek ’n klagte oor hulle kry nie. En ek is ook nie die enigste een by wie gekla word nie. Ene Augusta Pretorius skryf in Augustus verlede jaar op hellopeter: “Die eienaar van Special Pieces skuld my sedert Januarie 2011 R11 000. Verbreekte beloftes oor betaling het daartoe gelei dat ek haar wou dagvaar. In ons ondersoek het dit geblyk sy werk onder die name Lynn Meyer en Adele Frank.”

Henning se laaste paaiement was veronderstel om verlede Maandag betaal te word. Donderdag het Meyer laat weet dit sal eerskomende Maandag betaal word. Sien is glo.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Annelize Potgieter sê... Hartseer nuus om te hoor.. Sharp Sharp Vuyo, Rest in peace old friend! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.