Du Plessis’s systap skuldeisers

2012-09-29 23:25

Carel du Plessis by die hof. Foto: Nasief Manie

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die familietrust van die oud-rugbysterre Carel en Jacques du Plessis het hul rûe so “ge-cover” dat hy “boggerôl” van die geld teruggekry het wat hom toekom.

So sê Chris van der Vyver (51), ’n Oos-Kaapse boer en familievriend van dié bekende rugbybroers.

Carel, ’n oud-Bok-vleuel en -afrigter, en Jacques, ’n voormalige provinsiale speler, het eergister in verhore voor likwidateurs in die siviele hof in Bellville onder skoot gekom.

Winste van miljoene rande is glo uit die verkoop van ’n Swartlandse plaas gemaak terwyl skuldeisers oënskynlik sukkel om hul geld van ’n gelikwideerde maatskappy te verhaal. Die verhore word sedert verlede jaar gehou.

Die likwidateurs poog om te bepaal of die plaas se verkooptransaksie tussen die Du Plessis’s en Karel Botha, ’n gewese direkteur van die gelikwideerde maatskappy Pick ’N Gro Edms. Bpk., teen markwaarde geskied het en of dit tot voordeel van die maatskappy se skuldeisers was.

Van der Vyver sê hy het in 2008 R4 miljoen aan ­Botha, ’n jare lange vriend van hom, geleen.

Toe die maatskappy later in finansiële moeilikheid beland, is die plaas Mollenberg in 2010 vir R6,5 miljoen aan die Windmeul-trust, waarvan die Du Plessis-broers trustees is, verkoop.

Kort ná die likwidasie van Pick ’N Gro Edms. Bpk. het die Windmeul-trust die plaas vir R16,9 miljoen aan die Saamstaan-beleggingstrust verkoop.

Uit dié koopsom is toe sowat R12,6?miljoen aan die Jacques du Plessis-familietrust betaal.

Botha is intussen gesekwestreer en ’n verdere R2?miljoen is uit die koopsom aan die Dieprivier-trust (wat deur ’n familielid van Botha bestuur word) betaal.

Van der Vyver sê die Du Plessis’s het hom toe “?’n onaanvaarbare klein bedraggie” aangebied. Hy wou nie die spesifieke bedrag aan Rapport noem nie.

Van der Vyver, wat in die Somerset-Oos-distrik boer, is veral bevriend met die oudste Du Plessis-broer, Willie, ook ’n oud-Springbok.

Willie woon nou in Australië nadat hy lank op die Du Plessis-familieplaas naby Somerset-Oos geboer het.

Van der Vyver sê die Du Plessis’s het hulself onder meer met notariële verbande “ge-cover” sodat skuldeisers uitgesluit is.

Maar hy is nie kwaad vir die Du Plessis’s nie. “Ek wil net hê wat my toekom.”

Ryno Engelbrecht, ’n likwidateur, sê Botha het reeds verlede jaar getuig.

Die verhore is sedertdien verskeie kere uitgestel en is eergister hervat. Nog mense is gedagvaar om te getuig.

Grant Howard, die Du Plessis-broers se regsverteenwoordiger, het gister gesê die gelikwideerde Pick ’N Gro skuld Van der Vyver geld – nié die Du Plessis-familietrust nie.

Hy sê die Windmeul-trust het die plaas gekoop voordat Pick ’N Gro gelikwideer is. Derhalwe is die Du Plessis’s onder geen verpligting om enige skuld van die gelikwideerde maatskappy te vereffen nie.

* Die ondervragings word op 8 November voortgesit.

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Latter Rainer sê... Bedaar Petro, bedaar. Jy is seker net vies omdat die moderator jou inskrywing van LR se Facebook blad verwyder het. Miskien moet jy teruggaan skooltoe en die verskil gaan leer tussen veroordeling en regspleging. Regspleging ou sus, is wanneer jy 'n pedofiel of verkragter hof toe sleep wanneer hy 'n kindjie molesteer. Jy sou dit doen as dit jou kind was, sou jy nie? Regspleging is wanneer kerkleiers wat getuie is van 'n pedofiel se jarelange oortredings, met die gereg saamwerk om die gemeenskap teen herhaalde molestering deur so 'n pedofiel te beskerm. Jy is self maar vinnig om oordele uit te spreek en hel toe te stuur. Skaam vir jou. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Sandton
Communicate Cape Town Finance
R60000 - R62000

Senior Business Analyst

Sandton
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Project Manager

Sandton
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.