Du Preez vlieg hoog, val hard ná ‘bedrog’

2012-10-07 00:19

Jan du Preez, die onteerde duiwe-wedvlug-koning van Douglas in die Noord-Kaap.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die koning van duiwe-wedvlug is onttroon nadat dit aan die lig gekom het sy kampioenduiwe het in wenplekke geëindig al het hulle glad nie eens in ’n wedvlug gevlieg nie.

Jan du Preez (57), ’n bekende boer van Douglas in die Noord-Kaap, het glo self ingegryp om te verseker dat sy duiwe telkens eerste oor die “wenstreep” is.

Dít het hy glo bewimpel deur voor ’n ren die mikroskyfie uit die duiwe se elektroniese ringe te verwyder. Dié skyfie aktiveer die elektroniese klok en registreer die tyd wanneer ’n duif ná ’n wedvlug by sy hok aankom.

Du Preez het glo die elektroniese ringe in sy hand versteek en by die eindpunt naby die klok stelling ingeneem.

Só het hy dan die “aankoms” van die duiwe elektronies ingeklok, lánk voor die werklike aankoms van die betrokke duiwe, sê ’n bron.

Sedert 2010 het sy “kampioene” klokslag die eerste en tweede plekke in wedvlugte losgevlieg.

Maar dié wonder-prestasies het die Suid-Afrikaanse Nasionale Posduif-organisasie (Sanpo) laat wonder. Die Noord-Kaaplandse Posduif-federasie het toe ’n ondersoek gelas na Du Preez, wat ook voorsitter was van dié federasie en agt jaar lank in Sanpo se bestuur gedien het.

In Julie is Du Preez lelik uitgevang toe beamptes sy duiwe stilletjies voor die wegspringpunt op Beaufort-Wes uit die wedvlug verwyder het.

Maar toe kom die Du Preez-duiwe wonderbaarlik wéér in die voorste plekke in Douglas aan!

Du Preez het die bedrog ten sterkste ontken.

Hy is lewenslank geskors, maar appelleer teen sy skuldigbevinding en skorsing. Die uitslag van dié appèl word binnekort verwag, sê Sanpo se voorsitter, Faunty Gillmer.

’n Spanmaat sê Du Preez se “kampioene” het by die R100 000 vir hom losgevlieg.

“Ek ys om te dink as oom Jan aan die Sun City Million Dollar-wedvlug deelgeneem het,” sê die spanmaat. “Daar is die wengeld vir die eerste plek R1,6 miljoen!”
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
46 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 6-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 6-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-27°C Sunny. Warm. PE: 13-23°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.