ET se stem bulder weer

2010-05-23 00:26

Eugène Terre’Blanche, die ontslape AWB-leier, se onthullende outobiografie wat eerskomende week verskyn.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannes de Villiers in Johannesburg

’n Bekende bulderstem klink op uit die graf.

Twee maande ná die dood van mnr. Eugène Terre’Blanche verskyn sy lewensverhaal eerskomende week in sy eie woorde.

Eugène Terre’Blanche: My storie is ’n outobiografie wat die AWB-leier met die hulp van die skrywer Amos van der Merwe voltooi het. Hy het die finale weergawe goedgekeur kort voordat hy vermoor is.

In die boek skryf hy ontroerend oor sy tronkdae, hy vertel hoe hy in sy laaste dae gereed was om militarisme af te sweer en hy onthul perspektiewe op van die mees omstrede episodes uit sy loopbaan (telkens met die bewering dat sy nederlae die gevolg van die NP, die media, oudpres. FW de Klerk en genl. Constand Viljoen se komplotte was).

Hy skryf onder meer oor:

- Die teer-en-veer van prof. Floors van Jaarsveld: Terre’Blanche beskryf dié voorval as die aanvang van sy openbare lewe.

- Sy vader, mnr. De Ville Terre’Blanche, het die teer-en-veerdery glo voorgestel en sy moeder het kussings oopgeknip om die vere te verskaf.

- Die Slag van Ventersdorp: Terre’Blanche “bewys” De Klerk het dié voorval georkestreer om die AWB ekstremisties te laat lyk en die NP in vergelyking “gematig”.

- Die inval van Bophuthatswana: Terre’Blanche beskryf sy onderhandelings met oudpres. Lucas Mangope, die vlug uit Mbabane en gif wat iemand hom na bewering die aand voor die skermutselings ingegee het. Weer eens maak hy die gevolgtrekking dat die AWB deur die NP soontoe gelok is (soos muise “op pad na die valletjie”).

- Ook die wyd gepubliseerde voorval toe drie AWB-lede tydens die vlug doodgeskiet is, is volgens hom deur die “ANC/NP-alliansie” georkestreer om die boodskap uit te dra dat Afrikaners wat vir hul regte opstaan “soos ’n bees met runderpes afgemaai” sal word.

- Die dag toe hy in Pretoria van sy perd afgegooi is: “Selfs die tronkstraf het my nie soveel geskaad as daardie stukkie nuus nie.

“Die spot en vernedering van daardie dag sal met my sterf, en seker ook nie eens dan nie.”

Tussendeur is daar talle kleiner onthullings, insluitende dat Terre’- Blanche glad nie so ’n groot aanhanger van Adolf Hitler was soos baie mense meen nie. “Hitler? Ag nee wat, kom ons wees nou realisties,” verklaar hy sarkasties.

Voorts vertel hy van die vriendskap wat hy in die tronk met ’n Tswana-man genaamd Thami gesmee het. “Ons twee het nog kontak en sal seker vriende bly so lank as wat ons lewe.”

Net die naam Jani Allen kom nêrens in die boek voor nie.

Terre’Blanche en Van der Merwe het meer as twee jaar lank saam aan die manuskrip gewerk.

Volgens mnr. Hendrik Venter van die boek se uitgewer, Griffel, sal die outobiografie ook as ’n e-boek te koop wees – blykbaar ’n eerste in Afrikaans.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Johan sê... Dit is mos nie hulle geld wat hulle mors nie en vir hulle honger COMRADES se hulle voertsek sorg vir jou self, ek is happy. Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 MY06
2007
R 185,000.00

TOYOTA

Corolla 1.3 Professional MY10
2011
R 149,950.00

VOLKSWAGEN

Polo Sedan 1.4 Comfortline
2011
R 176,999.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.