Egpaar wil pleegkinders teen ‘onstabiele huis’ beskerm

2012-01-28 23:09

Mnr. Daneall Lowe (links) en sy eggenoot, mnr. Ivo Indiani, speel met hul twee pleegkinders, (4) en (6), in die tuin van hul huis op Somerset-Wes. | Foto: Leanne Stander

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Egpaar van Somerset-Wes wat in ’n ­hewige regstryd met die biologiese ma van hul twee pleegkinders gewikkel is, sê hulle sal liewer tronk toe gaan as om die kinders na ’n “onstabiele huishouding” terug te stuur.

Dit kom nadat die kinderhof op Somerset-Wes verlede week beslis het mnre. Daneall Lowe (41) en Ivo Indiani (36) van Somerset-Wes moet die kinders, ’n sesjarige seun en vierjarige meisie, ná twee jaar aan hul 42-jarige biologiese ma van Oos-Londen terugbesorg.

Die ma se naam word weerhou om die kinders se identiteit te beskerm.

Pas ná die hofuitspraak het die egpaar, wat hul eie haarkappersalon besit, en die twee kinders ’n week lank “weggekruip” om te keer dat die polisie en die ma die kinders uit hul sorg verwyder.

Hul prokureur, mnr. Philip Steyn van Somerset-Wes, het so gou moontlik appèl teen die uitspraak aangeteken.

Volgens Steyn “skort die appèl die hofbevel op. Die kinders kan dus nou eers bly waar hulle is.”

Lowe en Indiani het Steyn eers ná die geding aangestel.

Die ma het in Januarie 2010 onder eed verklaar sy en die kinders se pa, Lowe se broer, het toestemming aan die egpaar verleen om die kinders “vir ’n verlengde vakansie” by hulle te hou en met pleegprosedures te begin.

Die ouers, wat nooit getroud was nie, is uitmekaar en die kinders het saam met hul ouer broer en van hul susters by hul ma in Oos-Londen in ’n munisipale woonstel op die vierde verdieping gewoon.
“Die toestande in die woonstel was ver van ideaal. Dis ’n onstabiele huishouding waar daar soms nie eens kos was nie.

“Daar was geen veiligheidrelings voor die balkon nie,” sê Lowe.

’n Vriend van die egpaar wat die saak ondersoek het, het aan Rapport bevestig die twee kinders se een ouer sussie (8) is ook uit die ma se sorg verwyder en van die kinders is nooit skool toe gestuur nie.

Die sewe kinders het drie verskillende pa’s.

Lowe sê sy broer en ma, me. Mary ­Lowe, wat destyds op haar sterfbed was, “het ons gevra om die kinders uit die swak omstandighede te verwyder”.

“Ons het belowe. Ons het nie die staatstoelaes van R250 elk per maand vir die kinders geëis nie.

“Dis steeds aan die kinders se ma uitbetaal.”

Sy het die kinders sowat twee keer per jaar op Lowe en Indiani se koste in Kaapstad besoek.

Rapport het vasgestel ’n klag van huismoles en rusverstoring is al teen inwoners van die woonstel ingedien.

Lowe sê dit was nooit sy bedoeling dat die kinders van hul ouers vervreem word nie, net dat hulle die nodige sorg kry.

Hy en Indiani “versorg die kinders soos ons eie. Ons weier dat hulle teruggaan en opnuut getraumatiseer word.”

Volgens die egpaar is hulle al 15 jaar bymekaar en vier jaar gelede getroud.

Lowe sê hulle is nie ryk nie, “maar het albei ’n ordentlike beroep en gee ons kinders stabiliteit.

“Ons gee nie die kinders terug nie. Ek gaan liewer tronk toe.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY05
2007
R 139,995.00

NISSAN

Sabre 160 GX 5-dr
1996
R 40,000.00

TOYOTA

Landcruiser PU 4x4 Dsl
2005
R 225,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.