Eis teen Zapiro verminder

2012-10-27 23:57

Pres. Jacob Zuma wil sy lastereise teen die spotprentkunstenaar, Jonathan Shapiro, tot ná Mangaung uitrek omdat die verhoor dalk skadelik kan wees vir sy kanse om as ANC-leier herkies te word.

Shapiro, beter bekend as Zapiro, het só gesê aan Rapport op die vooraand van die lastereisverhoor teen hom. Dit moet môre in die Johannesburgse hooggeregshof begin.

Dié hofsaak, waarin Zuma nou R100 000 van ’n aanvanklike R5 miljoen van Zapiro eis, spruit uit ’n spotprent in 2008 waarin Zuma uitgebeeld word dat hy “Lady Justice” wil verkrag, terwyl leiers van die alliansie haar op die grond neerpen.

Shapiro sê Zuma se prokureurs weet al sedert Februarie dat die verhoor verlede Donderdag moes begin het.

Daar is om uitstel gevra weens Zuma se presidensiële verpligtinge en omdat Vrydag ’n Moslem-vakansiedag was. Sy prokureurs hang dié geloof aan.

Shapiro sê egter die “taktiek wat hulle gebruik is om die hofsaak te behou, maar om dit tot ná Mangaung uit te stel, want dit kan skadelik wees vir Zuma se kanse om herkies te word”.

“Die kern van die kwessie wat in die hofsaak sal uitkom, is dat ons bedoeling met die spotprent was om te wys hoe Zuma die regstelsel geboelie het sodat die korrupsie-aanklagte destyds teen hom laat vaar is.”

Shapiro sê Zuma het nou ook die gedeelte oor die skending van sy menswaardigheid uit die eis laat vaar, maar hou steeds vol sy reputasie is geskaad.

“Dit is om hom uit die getuiebank te hou, want as sy menswaardigheid geskend is, moes hy getuig.”

Shapiro sê Zuma wil blykbaar die R100 000 aan welsyn skenk as hy die saak wen.

“Hulle verwag egter steeds ’n verskoning van my kant af. Ek volstaan egter met dit wat ek in die spotprent gesê het.”

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, wou nie sê of Zuma die eise in sy persoonlike of amptelike hoedanigheid ingedien het nie. Indien Zuma vir Shapiro in sy amptelike hoedanigheid dagvaar, moet die staat en indirek belastingbetalers, vir die president se regskostes opdok.

“Ek weet niks van die sake nie. Praat maar met die prokureurs daaroor.”

Michael Hulley, Zuma se prokureur, het gevra dat Rapport hom terugbel, maar het nie later sy telefoon beantwoord nie.

Dié aangeleentheid is een van talle lastereise wat Zuma teen media-instellings, sportprentkunstenaars en politieke kommentators ingedien het. Die omvang van die eise beloop na bewering sowat R50?miljoen, terwyl sommige sake reeds geskik is.

Willem de Klerk, Media24 se prokureur, sê Zuma se sake teen Rapport en die Sunday Sun sloer ook al vir lank.

“Dit lyk of Zuma geen ernstige bedoelings het om die eise af te laat handel nie. Dit laat mens wonder oor sy motiewe.”

Volgens De Klerk eis Zuma tans gesamentlik R15 miljoen van Rapport en Sunday Sun in drie afsonderlike lastereise.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-20°C Afternoon clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Group Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R650000 - R700000

J2EE / Senior Java Developer

Centurion
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.