‘Ek koester geen wrok’

2013-01-05 23:22

Burry en Cherise Stander op hul troudag.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Haar man het in ’n ongeluk met ’n taxi gesterf, maar Cherise Stander sê sy koester geen wrok teen die taxibestuurder nie.

Burry Stander (25), Suid-Afrikaanse bergfietskampioen, het Donderdag by Shelly Beach in KwaZulu-Natal gesterf.

“Maar ek voel ook dis nodig dat ’n mens verantwoordelik gehou word vir jou optrede.

“Dit sou die bestuurder twee sekondes geneem het om te stop... Maar toe eis dit ’n lewe.”

Ene Jabulani (25), die taxibestuurder wat van strafbare manslag aangekla word, het volgens ’n mede-taxibestuurder eers sowat twee weke gelede in Port Shepstone begin werk.

Jabulani het glo vroeër in die landelike gebied by Bhetani, naby Port Shepstone, as taxibestuurder gewerk.

Hy wou op advies van sy regsverteenwoordiger nie met Rapport praat nie.

Burry was op sy fiets toe die taxi teen hom gebots het.

Hy het op die toneel gesterf.

Cherise was gister nog te ontsteld om self met die media te praat en het by monde van die familiewoordvoerder, Zoon Cronjé, haar verlies aan Rapport beskryf.

Cronjé sê hulle wil nie bespiegel oor presies wat gebeur het nie, maar die ongelukstoneel is by ’n stopteken skaars 100 m van Stander se fietsrywinkel af.

“Ons was vanoggend by die lykskouing. Daar is nie ’n skrapie aan Burry se lyf nie. Hy het waarskynlik sy nek gebreek,” sê Cronjé.

Cherise sê sy weet niks gaan ooit weer haar man terugbring nie, maar sy wil ook nie hê hy moet ooit vergeet word nie.

Sy is oorweldig deur die reaksie op die totstandkoming van die Burry Stander-stigting om die veiligheid van fietsryers te verbeter. Sy hoop dit kan groot verandering vir ander fietsryers meebring en sy gaan ook self daarby betrokke wees.

“Burry was altyd paranoïes oor voertuie. Hy was altyd die een wat op groepsritte al die fietsryers in plek gehou het,” sê Cherise.

“Ek en hy het nog onlangs saam gaan ry en ek het ’n bietjie vinnig by ’n gorge afgegaan.

“Hy het vreeslik met my geraas.

“Burry het gesê ek moet altyd onthou dat selfs as ’n kar van voor af kom, jy ook vir die bestuurder moet kan dink.”

Die dag voor sy dood het die Standers aan ’n groot groepsrit deelgeneem.

“Daar was baie pap wiele en Burry was die een wat elke keer teruggekom het om te kom help.

“Hy was dalk aan die buitekant ’n tawwe, stowwerige bergfietsryer, maar van binne was hy die sout van die aarde.”

Cherise beskryf haar man as die centrepiece van die familie.

“Dis hoekom almal nou so verpletter is. Ek wys foto’s van groepsritte vir my skoonpa, Charles, dan kry hy trane in sy oë van trots.”

Volgens Cronjé dra al die boodskappe van medelye wat van oor die wêreld ontvang word die familie in die moeilike tyd.

Die paartjie is verlede jaar op 26 Mei getroud.

Vir die Suid-Afrikaanse bergfietsrygemeenskap was Stander ’n legende.

“Vir my was hy my beste vriend, die liefde van my lewe... en ook ’n held,” het Cherise laat weet.

* Burry se gedenkdiens word Donderdag in Port Shepstone gehou. Mense is welkom om hul briefies na posbus 981, Umtentweni 4235 te stuur. Dit sal dan by die begrafnis aan hom opgedra word.
Verskeie internasionale fietsryers het ook laat blyk dat hulle video’s gaan aanstuur om by die diens te vertoon. Die tyd en plek sal binnekort op Burry se amptelike Facebook-blad bekend gemaak word.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Elsie Wessels sê... Dis mos ons nasionale sport - steel, steel en steel en al die ander dinge. Tussen hakies, BIEBER, welkom in die Banana Republic!!! Toe Rapport, haal nou maar weer my kommentaar af, ek lieg mos. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Afternoon clouds. Cool. Bfn: 7-20°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.