Ekonomie: ‘Keer nóú ’n ramp’

2012-10-15 06:37

Leiers in die politiek, sakesektor en vakbondbewegings vergader in die komende week met een doel: Keer ’n ekonomiese ramp.

’n “Omvattende aksieplan” sal Woensdag aangekondig word nadat pres. Jacob Zuma Vrydagaand ’n noodberaad oor die ekonomie belê het.

Nie net kan hoër brandstofpryse en duurder ingevoerde goedere weens die steierende rand verbruikers nog voor Kersfees tref as stakings voortduur nie, maar senuagtige beleggers kan nog miljarde rande aan die ekonomie onttrek.

Susan Shabangu, minister van minerale bronne, het ná die noodberaad in Pretoria Vrydagaand aan Rapport gesê die ANC sal in Desember in Mangaung finaal moet afsien van moontlike nasionalisering in die mynbedryf as hy beleggersvertroue wil herstel, berig Llewellyn Prince en Lizel Steenkamp.

Buitelandse beleggers weet nie meer of hul geld veilig is in Suid-Afrika nie. Tot R5 miljard het op 8 Oktober alleen landuit gevloei weens vrese oor die arbeidskrisis.

Gill Marcus, president van die Reserwebank, het dit bestempel as “’n reusagtige aanduiding dat daar ’n verlies aan vertroue is”.

Hoewel die drie weke lange vragmotorstaking verby is, saai onwettige stakings nog chaos by myne.

Die vragmotorstaking het tot verliese van meer as R3,25 miljard vir die bedryf en ’n verdere R271 miljoen in lone gelei.

Selfs kragonderbrekings is moontlik nadat Eskom Vrydag gewaarsku het onrus by steenkoolmyne kan sy vermoë strem om krag op te wek.

Daarbenewens is opeenhopings van vullis, verkeersprobleme en intimidasie dalk die land se voorland indien die Suid-Afrikaanse munisipale werkersvakbond (Samwu) in die komende week met ’n landwye staking voortgaan.

Die ekonoom Mike Schüssler van Economists.co.za sê verbruikers moet hulle staal vir rekordhoë brandstofpryse, groter skuld en duurder pryse vir ingevoerde goedere weens ’n swakker rand.

Dawie Roodt van die Efficient-groep sê Vrydag se besluit deur die internasionale kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s dat hy Suid-Afrika se kredietgradering afwaarts aangepas het, is van die slegste nuus vir die land omdat dit tot ’n verdere uitvloei van kapitaal kan lei.

Die rand het ná die aankondiging met 10c tot R8,75 teenoor die dollar verswak.

Ook Moody’s het onlangs Suid-Afrika se gradering verlaag, wat dit duurder kan maak vir die land om geld te leen vir infrastruktuurprojekte, waaronder Eskom se nuwe kragsentrales en paaie.

Volgens Standard & Poor’s knou die stakings nie net Suid-Afrika se uitvoer nie, maar dit verhoog ook politieke onsekerheid.

Die goud-, steenkool, platinum-, en staalbedryf is besig om tot stilstand te kners. In die jongste voorval by die Kumba-ysterertsmyn by Kathu in die Noord-Kaap het 300 stakende werkers ’n vloot van 88 mynvoertuie en ander toerusting ter waarde van meer as R3?miljard van die perseel verwyder.

Gert Schoeman, woordvoerder van ArcelorMittal, sê die werkers dreig om die voertuie by ’n put af te rol indien daar nie aan hul salaris-eise voldoen word nie.

“Hierdie werkers kry reeds van die beste salarisse in die bedryf en hulle het boonop miljoene rande se bonusse gekry,” sê Schüssler.

Volgens Roodt is die boodskap by Marikana ingewortel dat “hoe meer jy breek, hoe beter is jou vergoeding”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cor Brent sê... Is dit nou die teenoorgestelde van " 'n Ou bok lus nog jong/groen blare." Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C Morning clouds. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.