Eskom betaal R36 miljoen aan ‘pretdae’

2012-07-09 07:50

Eskom het verlede jaar R36 miljoen geblaas op partytjies vir die elektrisiteitsreus se personeellede en hul gesinne.

Die vermorste belastingbetalersgeld sou vir ’n maand lank basiese gratis elektrisiteit kon voorsien aan meer as ’n miljoen arm huishoudings.

Media24 se ondersoekspan het met behulp van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting afskrifte van kontrakte vir verlede jaar se partytjies bekom.

Die openbaarmaking van die gefuif kom nadat die kragvoorsieningsliggaam sy tariewe met 16% verhoog het.

Dít ondanks ’n versoek van pres. Jacob Zuma dat Eskom die prysskok vir verbruikers beperk.

Intussen maak Eskom hom reg om by die elektrisiteitsreguleerder aansoek te doen om nog vyf jaar se tariefverhogings.

Kritici het vroeër vanjaar met skok gereageer op berigte dat Eskom R3 miljoen bestee het aan ’n familie-pretdag in Kaapstad.

Dié partytjie in Kaapstad was egter maar net die ore van die partytjie-seekoei.

Sedert Oktober verlede jaar het die semi-staatsinstelling ’n verbysterende R36 504 036,44 aan sewe “familie-pretdae” bestee.

Dit is genoeg geld vir ’n maand se 50 gratis kilowatt elektrisiteit aan elk van meer as ’n miljoen arm huishoudings.

Die aansoek om die Bevordering van Toegang tot Inligting het onthul dat die naam van die kontrakteur (met wie Eskom die hoofkontrak gesluit het vir die grootste besteding van die partytjiegeld) verwyder is omdat die maatskappy nie wou toestem dat sy naam bekend gemaak word nie.

Media24 se ondersoekspan het egter vasgestel dat die winsgewende hoofkontrak van R35 miljoen aan Blackmagic Communications toegeken is.

Toe die maatskappy om kommentaar genader is, het hulle deur hul prokureurs gesê:

“Blackmagic het niks verder by te voeg as wat reeds in die dokumente staan wat aan julle deur Eskom gegee is nie.”

Blackmagic het ook aangevoer dat hulle nie genoeg tyd gehad het om die vrae te beantwoord nie.

Lemias Mashile, adjunkpresident van die South African Civics Organisation (Sanco), sê die manier waarop Eskom miljoene bestee aan partytjies is ’n klap in die gesig van armes.

Benewens die miljoene op die kontrakte, is amper R500 000 bestee aan onder meer: die huur van busse en taxi’s vir personeellede; die huur van ’n perseel by die Universiteit van die Wes-Kaap; vyf dae se verblyf in die Protea Hotel in Kaapstad; gesigportrette en bingo in Durban; en 180 hamburgers en koeldranke by ’n padkafee buite Kaapstad.

Paul Crankshaw, die adjunkvoorsitter van die nasionale verbruikersforum, sê dit is onsensitief van Eskom om miljoene aan pretdae te bestee terwyl verbruikers gebuk gaan onder erge prysverhogings.

Hilary Joffe, ’n Eskom-woordvoerder, sê die pretdae was ’n geleentheid om die personeellede te bedank vir hul harde werk en toewyding “om die ligte aan te hou”.

* Hul eerste kontrak was vir die beplanning van “generasie-familiedae” waar meer as R4 miljoen bestee is aan die onthaal van sowat 12 000 mense in Gauteng.

* Nog twee pretdae in eMalahleni (Witbank) het meer as R10 miljoen gekos en ander soortgelyke geleenthede in Lephalale het amper R5 miljoen gekos.

* Die Kaapstad-pretdag in Maart wat R3,4 miljoen gekos het en waaroor daar so ’n bohaai was, was die tweede partytjie wat Eskom in die streek gehou het.

* Die eerste familiedag is in November gehou teen sowat R5 miljoen.

* Nog ’n pretdag in Durban het R1 miljoen gekos en is afsonderlik uitgekontrakteer.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 18-25°C High level clouds. Mild. Pta: 9-26°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 10-25°C Sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 19-26°C Early fog followed by sunny skies. Mild. PE: 15-23°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!