Eskom-idee was sýne; eis R25 m.

2012-09-29 23:27

Die sketse wat Mvuyisi Wilber Mfebe glo aan Eskom gestuur het en onder is die kragreus se veldtog. | Foto: LUCKY NXUMALO

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

’n Spotprenttekenaar eis R25 miljoen van Eskom wat glo sy werk in ’n veldtog gebruik het sonder om hom te betaal.

Dié semi-staatsinstelling het sy werk “gesteel” vir hul nasionale veldtog met die naam “Wiseman”, beweer Mvuyisi Wilber Mfebe.

Hy het die karakter Silumko (“wyse man” in Xhosa) geskep vir ’n reeks spotprente met kragveiligheid as tema wat hy toe as ’n voorstel vir ’n opvoedkundige advertensiestrategie na Eskom in die Oos-Kaap gefaks het.

Mfebe was destyds ’n vryskutkunstenaar by Indabazethu, die voormalige Xhosa-uitgawe van die Daily Dispatch.

“Ene Letitia Ndeda het my gebel. Sy was vreeslik tevrede met die idee en het gesê Eskom sal Silumko nasionaal bekendstel en dat ek die strategie sou bedryf,” sê Mfebe, wat intussen sy werk by Indaba­zethu kwyt is.

Groot was sy skok toe Eskom sy werk in dié koerant as ’n reeks advertensies begin publiseer het.

Maar, sê hy, “hulle het my handtekening by die spotprente verwyder”.

Toe hy Eskom konfronteer, is aan hom gesê dis die koerant se plig om hom te betaal.

Indabazethu het dit ontken.

“Toe sien ek hulle het dié karakter Wiseman geskep vir ’n groot veldtog, presies soos die een wat ek voorgestel het.”

Daar was radio-advertensies waarin dieselfde woorde as Silumko gebruik is, ook plakkate en pamflette en insetsels in koerante.

Toe begin sy dekade lange stryd om dié kopieregkwessie met Eskom te skik. Eskom het in 2010 die saak ondersoek. Ene Ayanda Noah, ’n uitvoerende groephoof van Eskom, het Mfebe gekontak en gevra vir ’n faktuur.

“Ons ondersoek kon nie vasstel dat jy die eienaar van die idee was nie,” het sy in haar brief geskryf.

“Maar ons sal ’n bedrag betaal wat ons meen regverdig is.” In nóg ’n brief laat sy blyk die besluit is “bloot op grond van ubuntu” geneem. Mfebe het later aan Eskom ’n faktuur gestuur waarin hy R25 miljoen eis.

Die openbare beskermer (OB) gaan nou die klagte ondersoek.

Hilary Joffe, Eskom se woordvoerder, het bevestig die semi-staatsinstelling werk “ten volle” saam aan die ondersoek deur die OB. “Ons vergader op 8 Oktober om dit op te los.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-18°C Sunny. Mild. Pta: 12-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-22°C Sunny. Mild. Bfn: 12-26°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 15-28°C High level clouds. Warm. PE: 17-26°C Rain late. Afternoon clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!