Estie: Polisie vra Interpol se hulp

2012-12-16 02:27

Estie Pienaar

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Zambiese polisie het Interpol gekontak nadat Estie Pienaar (33) nie opgedaag het by die hofverskyning van haar man se vermeende moordenaar nie. 

Die Namibiese koerant Die ­Republikein het verlede week berig ’n lasbrief is vir Pienaar se inhegtenisneming uitgereik. 

Die Zambiese polisie wou dít nie aan Rapport bevestig nie. 

Pienaar was veronderstel om saam met ’n onbekende Suid-Afrikaanse staatsgetuie te getuig teen Nicky Rossouw (58) van Namibië. 

Pienaar en Rossouw het glo vroeër aan die Zambiese owerhede erken hulle het ten tyde van haar man, Marius Pienaar (50), se dood ’n verhouding gehad. 

Die verhoor is in die hooggeregshof in Mongo in Zambië se Westelike Provinsie. Pienaar, 

’n Suid-Afrikaner, was aanvanklik saam met Rossouw in die beskuldigdebank, maar is in Augustus vrygelaat toe sy ingestem het om ’n staatsgetuie te wees. 

Marius se lyk is in Julie met wonde aan die kop en nek in die Zambezi-rivier gevind. 

Hy het op 26 Julie by Rossouw se Nina-hengelkamp verdwyn. 

Sy lyk is drie dae later sowat 10 km stroomaf gevind. 

“Ek kan bevestig dat die Zambiese polisie in kontak was met Interpol se kantoor in Suid-Afrika, maar ons kan tans nie meer oor die saak sê nie,” het kapt. Dennis Adriao, ’n polisiewoordvoerder, aan Rapport gesê op ’n vraag of daar in Suid-Afrika na Pienaar gesoek word. 

Mutamba Mutamba, haar regsverteenwoordiger in Zambië, ontken dat sy deur die direk­toraat van openbare vervolging gedagvaar is om op Dinsdag 4 Desember in die hof te verskyn. 

Genl. Bushie Engelbrecht, ’n oudpolisieman wat Pienaar in die saak bystaan op versoek van haar pa, Hercules Pretorius van Johannesburg, glo daar is êrens ’n misverstand. 

“Dalk het die owerhede nagelaat om haar in kennis te stel dat sy in die hof moet verskyn,” sê Engelbrecht. 

Volgens Engelbrecht is Pienaar in Suid-Afrika. 

Rapport is van bakboord na stuurboord gestuur toe navraag gedoen is by die kantoor van Mutembo Nchito, Zambië se direkteur van openbare vervolging, of daar wel ’n lasbrief uitgereik is. 

Intussen het ’n polisiebron in die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat in Lusaka Rapport vertroulik meegedeel die hofsaak is ook uitgestel om die polisie in Suid-Afrika tyd te gun om die saak verder te ondersoek. 

Die bron sê die owerhede wil meer inligting by familielede van die oorledene inwin en ook bankrekeninge nagaan wat met die saak verband hou. 

Mulumbwa Nyambe (30), wat by Rossouw se Nina-hengelkamp gewerk het, is aanvanklik ook aangekla, maar is in Augustus vrygelaat weens ’n gebrek aan bewyse. 

Die Zambiese owerhede wou nie die identiteit van die ander staatsgetuie bekend maak nie. 

“Ons weet nie hoekom hulle (Pienaar en die staatsgetuie) nie opgedaag het nie. As die redes daarvoor nie bevredigend was nie, sou die hof ’n lasbrief vir hul inhegtenisneming uitgereik het,” sê Fanuel Siandenge, polisiekommissaris vir die Westelike Provinsie. 

Solik Tembo, ’n staatsaanklaer wat vroeër by die saak betrokke was, het benadruk Pienaar se vrylating in Augustus beteken nie sy is skotvry nie. 

“As die hof bevind daar is genoeg getuienis en bewyse om haar met die saak te verbind, kan sy weer in hegtenis geneem word.” 

Dieselfde geld Nyambe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Kadesh Barnea sê... Politiek is seker die mens se vuilste en mees korrupte spel, wat die ganse mensdom die meeste skade ooit nog berokken het. As ons van party-politiek kan ontslae raak en mense in regeringsposte aanstel suiwer op meriete, sal hierdie land blom soos geen ander ter wereld nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C Sunny. Mild. Pta: 12-23°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 13-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Financial Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.