‘Et tu, Zanu?’ Malema afgejak in Zim

2012-10-20 23:33

Julius Malema, oudleier van die ANC-jeugliga, het nog ’n terugslag gekry toe senior amptenare van ­Zanu-PF se sentrale komitee besluit het om hom nie te onthaal nie, het Rapport vasgestel.

Malema was verlede naweek op ’n private besoek in Zimbabwe om die troue van twee Zanu-PF-lede, Tendai Wenyika en Mike Gava, by te woon.

Die sentrale komitee, die beleidsliggaam van Zanu-PF, het op die vooraand van Malema se besoek in Harare vergader, en daar is toe besluit om nie met hom kontak te maak nie.

Na verneem word, wil Zanu-PF nie die indruk wek dat hy kant kies nie en ook nie sy verhouding met die ANC-leierskorps en pres. Jacob Zuma “op die spel plaas nie”. Zuma is ook die bemiddelaar in Zimbabwe se politieke krisis.

Die ANC-leierskorps het al voorheen swaarde gekruis met Zanu-PF oor sy verhouding met Malema. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het die Zanu-PF-leierskorps verlede jaar daarvan beskuldig dat hy Malema se gedrag en denke beïnvloed.

“Toe Mantashe die Zanu-PF-konferensie in Desember bygewoon het, het hy sy steun toegesê aan Zanu-PF om hulle te help om die volgende verkiesing te wen. Sommige partylede meen as hulle Malema nou verwelkom, sal dit die verkeerde boodskap uitstuur dat die party Malema steun in sy stryd teen Zuma,” sê ’n senior Zanu-PF-amptenaar, wat verkies om anoniem te bly.

Malema is nou in ’n politieke niemandsland nadat hy vroeër vanjaar uit die ANC geskors is. Hy word ook deur die Valke vir agterstallige belasting van miljoene rande ondersoek, sowel as deur adv. Thuli Madonsela, die openbare beskermer, oor sy inkomste.

Rugare Gumbo, Zanu-PF-woordvoerder, sê Malema het Zimbabwe net besoek om die troue by te woon, niks meer nie.

“Malema is as ’n individu hier om ’n troue by te woon. Dis die einde van die saak. Ek kan nie verder bespiegel nie. Toe hy laas hier was, het hy met sommige Zanu-PF-amptenare gepraat en met ander nie.”

Malema het op ’n besoek in 2010 vir pres. Robert Mugabe ontmoet en was die gas van Saviour Kasukuwere, een van Mugabe se ministers.

Intussen het die Zimbabwe Union of Journalists (ZUJ) aangedring op ’n verskoning van Malema oor die gedrag van sy lyfwagte wat twee joernaliste van Daily News aangerand het.

Dumisani Sibanda, ZUJ-president, sê: “Die gruwelike optrede van Malema se lyfwagte was daarop gemik om joernaliste wat hul professionele werk wou doen, te intimideer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.