Familie se hoop kwyn in Zambië

2012-07-30 06:40

Estie Pienaar loop na die hof in Sesheke. Sy word verdink van die moord op haar man, Marius Pienaar. | Foto: Felix Dlangamandla

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die familie van die Suid-Afrikaner wat vier weke gelede in Zambië vermoor is, vrees dat ’n tweede lykskouing min sal help om die raaiselagtige grumoord op te los.

Dit het die afgelope week aan die lig gekom Marius Pienaar (50), wat voor sy dood ses jaar lank in Zambië gewoon het, is erg vermink voordat hy naby die Nina-hengelkamp naby Sesheke in die suide van die land in ’n rivier vol krokodille gegooi is.

’n Patoloog wat op 2?Julie die eerste lykskouing op Pienaar gehou het, het bevind hy is drie keer met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan en toe met ’n mes in die nek, bolyf, skouer, arm en gesig gesteek.

Luidens ’n verslag wat in Rapport se besit is, is albei sy tepels ook afgesny, moontlik om seker te maak hy is dood.

Die snywonde aan sy nek het sy lugpyp oopgekloof.

Pienaar se lyk is aan die begin van die maand uit die rivier gehaal nadat hy vyf dae vantevore verdwyn het uit die kamp waar hy en sy vrou, Estie, vakansie gehou het.

Estie (33), Nicky Rossouw (58) en ­Mulumbwa Nyambe (30) het eergister vir die tweede keer in die landdroshof in Se­sheke verskyn weens die moord.

Rossouw is die eienaar van die kamp en Nyambe is ’n plaaslike inwoner wat sowat drie maande gelede vir Rossouw begin werk het.

Tydens die hofverrigtinge het Estie en Rossouw, wat vroeër volgens die plaaslike polisiekommissaris erken het hulle het ’n liefdesverhouding gehad, oogkontak met mekaar vermy.

Terwyl Estie voor haar uitgestaar het, het Rossouw senuagtig voorgekom en gereeld aan sy baard gevryf terwyl sy oë beweeg het tussen Moses Chitumbala, sy regsverteenwoordiger, en Phineas Numbwa, die landdros.

“Die beskuldigdes is reeds die afgelope 21 dae lank in aanhouding sonder dat hulle die kans gegun is om te pleit,” het Chitumbala gesê.

“Dis asof hulle reeds begin het om ’n vonnis uit te dien, nog voordat hulle skuldig bevind is aan moord.”

Die verdagtes verskyn eers op 10 Augustus weer in die hof.

Intussen besluit die direkteur van openbare vervolging in Lusaka of daar genoeg bewyse is om hulle te vervolg.

Ben Pienaar, Marius se oom, het die afgelope week dié familie se stilswye teenoor Rapport verbreek.

“Ons wag maar op die hofuitspraak, maar hoe langer dit voortsleep, hoe moei­liker word dit vir die gesin en veral vir ­Ma­rius se pa, Pine.”

Volgens Ben het die Pienaars reeds toestemming gegee dat ’n tweede lykskouing gehou word op aandrang van Estie se pa, Hercules Pretorius.

Marius se lyk is al vier weke in ’n vrieskas in Lusaka en is “só erg ontbind dat dit al feitlik onmoontlik is om hom uit te ken”, het Ben Pienaar gesê.

Planne om Marius se lyk na Suid-Afrika terug te bring, is ook vir eers van die tafel.

***

Die hengelkampeienaar wat in ’n Zambiese tronk aangehou word oor die moord op Marius Pienaar is vroeër ook deur die polisie ondervra weens die raaiseldood van een van sy werkers.

Nicky Rossouw (58), eienaar van Nina Fishing Camp, het eergister saam met sy twee medebeskuldigdes in die hof op Se­sheke in die suide van Zambië verskyn.

Die drie word verdink van die grumoord op Pienaar, wat vermink is voordat hy vermoedelik sowat vier weke gelede in ’n rivier vol krokodille gegooi is.

Solik Tembo, die hoofaanklaer by die hof, het aan Rapport bevestig Rossouw is “drie of vier jaar gelede” deur die polisie ondervra nadat een van sy werkers “in verdagte omstandighede” dood is.

Die werker, ’n Angolese immigrant wat net as Strong bekend was, se lyk is aangetref in die Silolo-stat, enkele kilometers van Nina, waar hy met ’n tou om sy nek aan ’n boom gehang het.

Werkers van Rossouw het op voorwaarde van anonimiteit gesê daar was glo destyds ’n onderonsie met die Angolese werker omdat hy wou bedank en na sy geboorteland terugkeer.

“Ja, daar was so ’n voorval omtrent drie of vier jaar gelede en ’n moorddossier is aanvanklik geopen,” het Tembo aan Rapport gesê.

“Hy (Rossouw) is vlugtig deur die polisie ondervra, maar is nooit in hegtenis geneem nie. Die saak is later na selfmoord verander en gesluit.”

Dit gons intussen in die Suid-Afrikaanse gemeenskap in Zambië oor Rossouw se inhegtenisneming, sê Gavin Johnson, ’n voormalige Springbok-rugbyspeler en Rossouw se buurman.

Johnson (45), ’n lid van die Bok-Wêreldbekerspan in 1995, woon reeds die afgelope 16 jaar in Zambië.

Hy is die eienaar van die luukse Mutemwa Lodge, wat sowat 12 km van Rossouw se hengelkamp geleë is.

“Ek en Nicky is nie juis boesemvriende nie, maar ons sou lekker gesels as ons mekaar van tyd tot tyd êrens raakloop,” het Johnson aan Rapport gesê.

“Daar is ’n klompie mense met Suid-Afrikaanse bande in dié omgewing en ons was almal diep geskok om eers te hoor ’n Suid-Afrikaner is hier dood en later dat Nicky aangekeer is weens sy dood.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-14°C Numerous showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Sunny. Mild. Bfn: 4-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 12-23°C Partly cloudy. Mild. PE: 9-19°C Showery. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!