Fietsry al meer gewild

2013-01-05 23:22

Meer as ’n halfmiljoen fietse word jaarliks in Suid-Afrika verkoop.

David Bellairs, direkteur van die Fietstoer Trust en ook ’n lid van die Trapkrag Vereniging met sy 20 000 lede, sê dit sluit alle fietse in – van berg- en padfietse tot fietse waarmee kinders skool toe gaan.

“Daar was ’n dramatiese toename in die getal fietsryers oor die afgelope paar jaar.

Volgens hom neem sowat 85 000 fietsryers jaarliks aan allerlei wedrenne deel.

Kevin Vermaak, stigter van die Absa Cape Epic, sê die gewildheid van spesifiek bergfietsry het die afgelope tien jaar die hoogte in geskiet.

“Burry Stander was die ikoon van daardie groei. ”

Die aanlyn-inskrywings vir die 2013 Absa Cape Epic, een van die mees prestigeryke bergfietsrywedrenne in die wêreld, is binne 57 sekondes uitverkoop.

Sowat 1 200 fietsryers neem vanjaar deel.

Stander, ’n voormalige onder 23-wêreldkampioen, was die eerste Suid-Afrikaner om die Absa Cape Epic te wen, en wel in 2011. Verlede jaar het hy sy titel suksesvol verdedig, en vanjaar wou hy poog om ’n driekuns te behaal.

Bellairs sê dis moeilik om die presiese getal fietsryers te bepaal wat jaarliks op die land se paaie sterf.

“In 2011 is tussen 60 en 70 sterftes aangemeld. Ons het nog nie die getalle van 2012 nie. Die gemiddeld is tussen 60 en 100.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 10-17°C Partly cloudy. Mild. Pta: 5-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 1-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 12-23°C Sunny. Mild. PE: 11-18°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.