Finish en klaar!

2012-02-04 22:47

Mnr. Julius Malema se doppie is vir eers geklink.

Dié militante jeugleier is gistermiddag prakties uit die ANC en die ANC-jeug­liga geskop omdat sy appèl teen sy skuldigbevinding misluk het.

Mnr. Cyril Ramaphosa, voorsitter van die ANC se nasionale appèlkomitee, het Malema wel ’n tydelike reddingsboei gegee.

Malema kan binne 14 dae by die ANC se nasionale tug­komitee (NTK) om strafversagting pleit.

Sy regterhand, mnr. Floyd Shivambu, kan dieselfde doen.

Dit sal dus eers oor twee weke duideliker wees of die NTK volstaan by sy besluit om Malema vir vyf jaar uit die party te skop en of die vonnis ligter gaan wees.

En selfs nadat die NTK opnuut oor die vonnis besluit het, kan Malema weer by die ANC se nasionale appèlkomitee teen die NTK se uiteindelike vonnis appelleer.

Die ANC het egter ook die reg om by die NTK om verswarende omstandig­hede te pleit. Verskeie kommentators het gesê Malema dobbel dus met sy toekoms, want die NTK kan eindelik besluit om hom met ’n nóg swaarder vonnis te straf.

Daar was gister ná die buitengewone mediakonferensie in Luthuli-huis in Johannesburg groot verwarring oor of ­Malema sy tasse onmiddellik moet pak of nie. Van ANC-woordvoerders tot politieke ontleders het daaroor kleigetrap.

Mnr. Ismael Mnisi, ANC-woordvoerder, het vroegaand gesê daar sal groter duidelikheid wees soos die gebeure ontvou. “Wat die ANC se senior lede betref, is Malema se skorsing onmiddellik van krag,” het hy aan Rapport gesê.

Shivambu het die middag buite me. Winnie Madikizela-Mandela se huis in Soweto aan verslaggewers gesê hulle is nie paniekerig nie.
“Dit pla ons nie. Wat die jeugliga betref, gaan dinge soos normaal voort.”

Volgens Shivambu is Malema steeds lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK). “Hy sal beslis môre (vandag) by die NUK-vergadering se laaste dag wees.”

In Malema se tuisdorp, Seshego in Limpopo, het teenstanders vroeër groot feesgevier omdat die jeugleier se appèl misluk het en hulle het T-hemde met sy gesig daarop aan die brand gesteek.

Die opheffing van Malema se ANC-lidmaatskap spruit uit ’n klag in Mei 2010 toe Malema daaraan skuldig bevind is dat hy die statuur van pres. Jacob Zuma as partyleier en staatshoof ondergrawe het deur Zuma se leierstyl te kritiseer. Malema is destyds met R10 000 beboet en gewaarsku sy partylidmaatskap sal summier opgeskort word as hy binne twee jaar ’n soortgelyke oortreding begaan.

Dié opskorting het dus gister ingeskop omdat Malema se appèl teen sy skuldigbevinding op die twee nuwe aanklagte van November verlede jaar misluk het.

Ramaphosa het die appèlkomitee se uitspraak van 14 bladsye voorgelees en gesê 69 argumente is deur die appellante in vier appèlverhore gelewer. Die appèlkomitee het verskeie van die jeugleiers se argumente as “naïef, absurd en belaglik” bestempel.

’n Argument dat die klagte deur Zuma en mnr. Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, teen Malema-hulle ingedien is om polities met hulle af te reken, is ook verwerp.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
50 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

AUDI

A4 1.8T
2004
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.