Fluit-fluit, is die NG Kerk dalk uit, vra Frits Gaum

2011-03-12 23:45

“As die NG Kerk nie radikaal verander nie, gaan hy nie die wederkoms beleef nie,” sê dr. Frits ­Gaum.

Gaum, ’n voormalige redakteur van Kerkbode en eens ’n stoere verdediger van die NG Kerk se dogmas, meen ’n mens kan selfs die kerk se huidige posisie ’n bestaanskrisis noem.

Gaum, wat op sy tyd soms redelik behoudende teologiese standpunte voorgestaan het, maar deesdae dikwels veel meer progressiewe standpunte inneem, het pas ’n boek voltooi met die titel Fluit-fluit, die kerk is uit?

Dié boek, wat belowe om ’n knuppel in die teologiese hoenderhok te gooi, word in Mei deur Bybelmedia gepubliseer.

Die alarmistiese titel, sê Gaum, is ’n vraag wat hy deesdae eerlik oor die toekoms van die kerk vra.

Hy wys daarin op hoe die kerk in Europa gekwyn het en vra of die kerk onder Afrikaanse mense dieselfde pad gaan stap.

“Die kerk as liggaam van Christus sal altyd bestaan, maar as die kerk as instituut nie so gou moontlik aanpas nie, gaan dit nie oorleef nie,” het hy die afgelope week in Stellenbosch, waar hy op die Woordfees oor ’n vorige boek gepraat het, aan Rapport gesê.

Die kerk het deur die geskiedenis baie wonderlike dinge gedoen, sê Gaum, “maar ek skryf ook die kerk het in baie opsigte misluk”.

Van die foute wat die kerk se voortbestaan nou bedreig, sluit in die onvermoë van kerkverbande om te verenig (selfs die verdeling tussen die NG Kerk, Hervormde Kerk en Gereformeerde Kerk is volgens Gaum verregaande). Dan is daar ook konserwatiewe besluite oor homoseksualiteit en ’n engheid wat dogma betref.

“Die kerk sal moet leer om dinge met minder sekerheid te sê.”

Hy verwys onder meer na die boek Die eerste vyf minute ná die dood deur dr. Izak Burger, president van die AGS, waarin die hiernamaals beskryf word.

Volgens Gaum sal teoloë moet ophou om voor te gee of hulle vaste antwoorde op sulke kwessies het en meer erns met twyfel en onsekerheid moet maak.

“Wat gebeur as jy in Hongkong loop en jy sien derduisende mense wat nie Christene is nie? Kan ons nog glo hulle gaan reguit hel toe?Ek glo nog dat Jesus die Een is, maar ons moet dit dalk eerder aan God oorlaat om te besluit hoe Hy die finale situasie gaan hanteer.”

Gaum gee toe dat hy nie 20 jaar gelede ’n boek sou kon skryf wat sulke kritiese vrae oor die kerk stel nie.

“Daar moes eers goed in my ­lewe gebeur het wat my op dié bepaalde pad gebring het. As ek van die preke lees wat ek destyds geskryf het, kan ek dit nie meer oor my hart kry dat ek sulke dinge geskryf het nie.

“Maar ’n mens verander voortdurend.”

Hy meen ook dit sou ’n groot fout wees as die kerk meer fundamentalisties raak ten einde siele te werf.

“Fundamentalisme – ’n onverdraagsame, letterlike verstaan van die Bybel – sal daar altyd wees, maar dit word ’n ernstige probleem vir die kerk.”

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
179 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

AUDI

A4 1.8T
2004
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.