Fransman pleit om kalmte

2012-12-01 13:59

Marius Fransman

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Wes-Kaapse ANC ondersteun nie die plaaswerkers wat vandag vergaderings hou nie en het betrokkenes versoek om terug te keer na die onderhandelingstafel. 


Marius Fransman, provinsiale ANC-leier, het eergister om kalmte gepleit nadat loononderhandelings tussen Agri SA en Cosatu Donderdag skielik tot ’n einde gekom het. 

“Die lot van die plaaswerker is een van ons kern-bekommernisse, maar Agri SA en die vakbonde moet probeer om by die onderhandelingstafel te bly vir ’n uitkoms. Ons ondersteun nie die oproep van Mario Wanza nie,” het Fransman aan Rapport gesê. 

Wanza verteenwoordig ’n stakingskoalisie van sowat 20 organisasies, waaronder Cosatu en landelike gemeenskappe, wat R150 per dag teen 4?Desember vir plaaswerkers eis. Hierdie koalisie hou vandag ’n massavergadering in Ashton, naby Swellendam, om die strategie vir Dinsdag se algemene staking met die plaaswerkers te deel. Kleiner vergaderings vind ook oor die Boland heen plaas. 

Tony Ehrenreich, die leier van Cosatu in die Wes-Kaap, het ­Agri SA tot gisteraand kans gegee om ’n onderhandelde oplossing te vind voor hy vanmiddag in De Doorns met plaaswerkers praat. 

Volgens Ehrenreich het georganiseerde landbou hul houding jeens die onderhandelingsproses verander die oomblik toe die minister van arbeid aangekondig het lone kan nie voor volgende jaar verhoog word nie. 

Elize van der Westhuizen, woordvoerder van Agri SA, het gister aan Rapport gesê die onderhandelings was Woensdag nog op koers, maar Cosatu het Donderdag ’n ooreengekome proses verwerp. 

“Cosatu het ingekoop by die proses om eers navorsing te onderneem oor die bekostigbaarheid van ’n spesifieke loon en die impak daarvan op die landbou. “Maar Donderdag wou hulle weer ’n spesifieke syfer hê,” sê sy. 

Intussen het lt.genl. Arno Lamoer, Wes-Kaapse polisiehoof, gesê hy gaan nie gehoor gee aan versoeke om die weermag onder die plaasgemeenskappe te ontplooi nie. 

Hy sê meer polisielede sal ontplooi word as dit ’n noodsaak word. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Riaan Jaer sê... Daar is so baie wat kan leer uit die pastoor se uitstekende en onselfsugtige "gebaar" teen die uitwissing van dwelm misbruik wat so 'n groot verwoesting van onder andere ons jeug se toekoms te weeg bring. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 7-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 11-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.