Gautengse DA-leier pak Zille dalk in November

2012-09-29 23:27

John Moodey, Gautengse DA-leier, oorweeg dit om Helen Zille uit te daag wanneer die DA in November sy nuwe nasionale leiers kies.

Moodey is genader om hom verkiesbaar te stel – nie net om Zille as nasionale DA-leier te vervang nie, maar ook vir die amp wat dr. Wilmot James, ’n Zille-bondgenoot, as voorsitter van die party beklee.

Moodey het gesê onbestrede posisies is ’n onding en hy het baat gevind by sy eie leierstryd vroeër vanjaar.

“’n Leiersposisie kan nie ’n aanstelling wees nie, ’n mens moet verkies word. Glo my, posisies gaan uitgedaag word,” het hy gesê.

Moodey het nog nie vas besluit om hom verkiesbaar te stel nie.

“Ek toets nog die water, maar ek is oop vir die idee,” het hy aan Rapport gesê.

Ander Zille-bondgenote gaan op die opposisieparty se nasionale kongres in Boksburg geteiken word. Rapport het van verskeie bronne uit ses provinsies verneem ook die ampte van voorsitter van die federale raad wat die afgelope 12 jaar deur James Selfe beklee word én die drie adjunkvoorsitters van die party gaan “beslis uitgedaag word”.

Die kongres wat op 23 November in Soweto vir die sowat 1 700 mense gehou sou word, is nou na Birchwood in Boksburg geskuif omdat onderhandelings met die Universiteit van Johannesburg-kampus in Soweto misluk het.

Zille het haar Donderdag in Kaapstad amptelik verkiesbaar gestel.

Volgens Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, is Zille die geskikste persoon om die DA tot 2014 te lei.

Sy is die DA se handelsmerk en wapen, sê Anchen Dreyer, een van drie adjunkvoorsitters.

Intussen het Moodey gesê hy sal enige kandidaat uit Gauteng vir Zille se pos steun.

Athol Trollip, DA-leier in die Oos-Kaap, oorweeg een van twee voorste posisies – die voorsitterskap of Selfe se posisie as federale raadsvoorsitter.

Zille, James en Selfe is van die Wes-Kaap. Die drie adjunkte is Dianne Kohler Barnard (Kwa­Zulu-Natal), Dreyer (Gauteng) en dr. Ivan Meyer (Wes-Kaap).

Meyer, wat onbestrede benoem is as Wes-Kaapse DA-leier (die kongres is oor twee weke), gaan op sy provinsiale leierskorps fokus. Hy het Bonginkosi Madikizela, LUR vir behuising in die Wes-Kaap, benoem om sy posisie as adjunkvoorsitter oor te neem, wat Madikizela aanvaar het.

Rapport het verneem Joe McGluwa, OD-leier in die parlement, en Makashule Gana, DA-jeugleier, is ook vir dié posisie beskikbaar.

Dreyer en Kohler Barnard is albei weer verkiesbaar.

Meyer meen “dié uitdagings” is goed. Hy steun Wilmot James openlik.

“Wat my betref het jy ’n goeie politieke leier met ’n institusionele geheue as voorsitter van die federale raad nodig. James (Selfe) het gesag. Hy dwing dissipline af.”

Benoemings vir die nasionale leiersposisies sluit op 15 Oktober.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cornel Rothmann sê... Ons het 'n splinternuwe matras gekoop en die oomblik toe ons dit op die bed sit en my beddegoed oortrek toe wriemel daar sulke splinteragtige goggas uit die matras en as mens dit "sqhuus" dan kom daar bloed uit die goggas. Die matrasfabriek eienaar insinueer dat dit van my bed afkom...... my ou matras is teruggesit en daar is nikkkkkksssss,,,,,,,, Hoe lank moet ek kalm en ordentlik bly????? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.