Gé maak destyds vir Gogga bang

2012-10-07 00:19



Maude Adendorff in Lokval in Venesië.




Maude (Adendorff) Klang soos sy deesdae lyk.


Die ster in Lokval in Venesië is Gogga (Maude Adendorff), ’n verstekeling op ’n skip waarmee juweel­diewe van Suid-Afrika na Venesië vlug met die speurder Alwyn van der Hoven (Gé Korsten) al singende op hul spoor.

Rapport se lesers kry dié klassieke Afrikaanse fliek volgende Sondag op DVD gratis saam met die koerant.

Maude Klang, soos sy nou bekend staan, lag lekker wanneer sy aan die verfilming terugdink.

Sy en haar man, John, woon al sedert 1997 in Florida in die VSA.

“Ek was in st. 3 (gr. 5) in die ­Laerskool Louw Geldenhuys in Linden. Ek en ’n vriendin, Siobhan Roux, is gekies om ’n oudisie af te lê. Ek onthou daar was omtrent 100 ander meisies van ander skole ook.

“Die verfilming was harde werk, maar ek was mal daaroor. Ek was vreeslik seesiek op die skeepsreis van Durban na Kaapstad.

“Ek was nooit voorheen op ’n boot nie en het nog nooit eens van seesiekte gehoor nie. Ek het gedink ek is besig om dood te gaan!

“Maar teen die tyd dat ons uit Kaapstad-hawe gevaar het, was ek mal oor die skip en die Italiaanse disse en veral die nagereg!

“Ek onthou dit was ’n bewolkte Sondagoggend toe ons uiteindelik Venesië binnegevaar het.

“Kerkklokke het gelui en die gesig van die Rialto-brug onder daardie grys lug was vir ewig in my geheue vasgelê.”

Dit was Maude se eerste en enigste fliek. “Om op straat herken te word het my ongemaklik laat voel. Maar ek het goeie herinneringe, buiten nou vir die seesiek wees.

“Almal was heel geduldig om met ’n negejarige saam te werk.”

Dit was “intimiderend” om saam met Korsten te werk.

“Ons het sy flieks by die inryteater gaan kyk en skielik was ‘Oom Gé’ in lewende lywe voor my.

“Sy liedjies soos Liefling, Hier is ’n mens en Jerusalem gee my steeds hoendervel.”

Maude het aan die Hoërskool Menlopark gematrikuleer en haar daarna in die advertensiewese begewe. In 1997 het sy en haar man ná ’n vakansie in die VSA besluit om daarheen te verhuis.

“Ons het ’n aanlyn-sportklerewinkel en geniet ons lewe hier.

“Die liefde van ons lewe is Zac, ons chihuahua. Ons geniet die warm, kalm oseaan, die eilande, bootvaar en sneeuski. En ons is steeds vurige ondersteuners van Suid-Afrikaanse rugby.”

Maude is die tannie van Shaun Adendorff, die jongeling-flank van die Blou Bulle wat ook vanjaar vir die Bokkies in die o.21-Wêreld­beker gespeel het.

Ivan Hall, regisseur van Lokval in Venesië, het sy fliekloopbaan by Kavalier Films begin met die vervaardiging van die Anglo-Boereoorlogsdrama Kruger Miljoene.

Hy het ’n string suksesvolle flieks agter sy naam, waaronder Afrika se eerste Oosterse gevegkunsfliek, Karate Olympia, in 1976 en die politieke riller Funeral for an Assassin, wat in 1974 aanvanklik deur die sensorraad verbied is.

Sy grootste sukses as rolprentmaker was Karate Olympia se opvolgfliek, Kill and Kill Again, met ­James Ryan en waarin die oud-Mej. Wêreld, Anneline Kriel, die rol van ’n sekskatjie met die naam Kandy Kane speel. Die fliek was baie gewild in die Verre Ooste en die VSA, waar dit no. 1 op Variety se lys van kaartjieverkope was.

Hall is in 2007 deur die Nasionale Rolprent-, Video- en Klankargief vereer vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf.

Lokval in Venesië word met die vergunning van kykNET se Silwerskermfees aan Rapport-lesers verskaf.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Latter Rainer sê... Rieks Wilson, Jy kan weghardloop, maar jy kan nie wegkruip nie. Mense is vir dekades gemolesteer. Seuntjies, dogtertjies, sussies, boetie. En as die mense wou kla is hulle selfs deur "profesie" met die dood gedreig. Onthou, elke persoon wat gemolesteer is in die geloofshuise, is 'n gesalfde van die Here wat aangerand is. En dan stel daardie lafhartige profete nog pedofiele aan in gesagsposisies in die geloofshuise. Wanneer hulle weet dat 'n gesagspersoon 'n kriminele daad gepleeg het, maak dit hulle aandadig aan sy daaropvolgende aksies. Tipies van Spade Reen. Julle gemeente outjies kom gil en skreeu hier, maar Fanie en sy trawante sal nooit hulle gesig in die media wys nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Intelligence BI

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Application Developer 6month contract

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

C# Developer

Durban
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

APARTMENTS / FLATS FOR SALE IN Durban, Essenwood

Apartments / FlatsR 1 199 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.