Gé se ‘Hoor my lied’ joune

2012-01-28 23:14

Helga van Wyk by ’n plakkaat van Hoor my lied tydens die Mimosa-fliekfees ’n paar jaar gelede.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Rapport-lesers kan op Sondag 19 Februarie ’n geskenkpakkie verwag, want hulle kry die romantiese tranetrekkerfliek van die 1960’s Hoor my lied in DVD-formaat saam met hul koerant.

In Hoor my lied speel die sanger en akteur Gé Korsten die rol van ’n wewenaar-dokter wie se sig aangetas is ná ’n motorongeluk waarin sy dogtertjie, Marietjie (Lindie Roux), verlam is.

Lydia de Graff (Helga van Wyk), ’n verpleegster, ontferm haar oor die dogtertjie en raak verlief op die dokter.

Die drie gaan oorsee vir Marietjie se behandeling en die dokter begin konserte hou om geld daarvoor in te samel.

Elmo de Witt was in 1966 regisseur van die rolprent en dit is in 1967 deur Kavalier Films uitgereik.

Martin Pols, beter bekend as die fotoboekieheld Mark Condor, het destyds die verpleegster se verwaande verloofde gespeel en Min Shaw was kortstondig te sien as die dokter se vrou.

Van Wyk was in 1966 Tuks se Joolkoningin en 20 jaar oud toe die fliek gemaak is. Sy onthou De Witt as “’n saggeaarde man wat ’n goeie aanvoeling gehad het van wat om aan Suid-Afrikaanse gehore te bied”.

“Gé was ’n baie goeie vriend van my, hoewel hy 15 jaar ouer was. Dit was vir my ’n groot voorreg om saam met hom te werk,” sê sy.

“Hy was teen daardie tyd al ’n bekende persoon, in teenstelling met my. Hy was natuurlik my held!”

Sy onthou Roux as “’n wonderlike, uiters talentvolle kind”.

Korsten het in 1999 selfmoord gepleeg en De Witt is verlede jaar in Maart oorlede.

* Hoor my lied het destyds naas The Sound of Music die meeste geld in Suid-Afrika gemaak en was die eerste Afrikaanse rolprent wat meer as R1 miljoen by die loket verdien het in ’n tyd toe ’n kaartjie maar 45c gekos het;

* Daar is nege maande daaraan geskiet; plaaslik en in New York;

* Dit was Korsten se eerste hoofrol. Hy het voorheen in Kruger miljoene gespeel en was daarna ook in Lied in my hart en Lokval in Venesië te sien;

* Die klankbaan, met liedjies soos Die A,B,C, Die Heidelied en Funiculi, funicula, was besonder gewild en het goue status behaal.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

AUDI

A4 1.8T
2004
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.