Geen vrou onder ANC-topdrie

2012-10-11 11:34

Die ANC is klaarblyklik ná 100 jaar nog nie gereed om ’n vrou as president van die party te benoem nie.

Die ANC-vroueliga het gister bevestig hy sal geen vrouekandidaat vir die drie hoogste posisies in die party benoem nie.

Troy Martens, vroueliga-woordvoerder, het gesê die vroueliga meen kontinuïteit is vir nou die beste ding vir eenheid in die party.

“Om nog ’n kandidaat as president voor te stel sal net verdere skeurings in die party veroorsaak. Ons glo dus ons rol is nou om te help om die party te verenig.”

Weens Suid-Afrika se patriargale samelewing kan ’n vrouepresident van die ANC ná 100 jaar nog nie ’n werklikheid word nie, het Martens gesê.

Al nege provinsiale voorsitters en al nege provinsiale sekretarisse van die ANC is mans.

Ishmael Mnisi, ANC-woordvoerder, het Beeld verwys na die ANC-grondwet se riglyne oor die verkiesing van provinsiale leiers.

Sommige senior vrouelede van die ANC is ontsteld oor die party se gebrek aan transformasie wat geslagsgelykheid in die party betref.

In ’n kwetsende brief aan die ANC het Thenjiwe Mtintso, ’n lid van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) en ambassadeur in Italië geskryf: “Om stemme vir ’n vrouekandidaat as president te werf is nie ’n mosie van wantroue in enigiemand nie.”

Volgens haar moet ANC-vroue die stryd om vroueregte in die party voer en standpunt daaroor inneem. “Is dit waar dat daar in 100 jaar nie een vrou in die ANC is wat geskik is om die party te lei nie?”

Mtintso het gesê die meerderheid ANC-lede is vroue, maar vroue daarvan beskuldig dat hulle “verdwyn” wanneer benoemingslyste vir presidentskap rondgestuur word.

Christi van der Westhuizen, navorsingsgenoot by die Instituut vir Versoening en Sosiale Geregtigheid by die Universiteit van die Vrystaat, het gesê “kontinuïteit” is net kodetaal vir ’n tweede termyn vir pres. Jacob Zuma as president.

Volgens haar is die sterkste vrouekandidaat vir die ANC-presidentskap dr. Nkosazana Dlamini-Zuma. “Die partyleiers het egter agteroor gebuig om haar as leier van die Afrika-Unie verkies te kry en haar as sulks uit die weg geruim.”

Met verwysing na Angie Mo-tshekga, minister van basiese onderwys en leier van die vroue­liga, het Van der Westhuizen gesê: “Ná die handboekskandaal vanjaar is daar nie teen Motshekga opgetree nie. Daar kan met reg gesê word dit lyk asof Zuma mooi sorg vir sekere vroue en hulle sorg weer vir hom.” -- BEELD
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.