Geliefde rooikop gesels

2012-12-22 12:41

Annette Engelbrecht

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sy speel in die musiekrolprent Pretville, maar die aktrise Annette Engelbrecht (64) was vir lank nie op Suid-Afrikaanse televisie of verhoë nie. Tog onthou die volk haar beslis. 

En dit is grootliks te danke aan die televisiereeks Orkney Snork Nie, ’n sitkom oor ’n gesin in Orkney, wat in die laat tagtigs in Suid-Afrika die eerste keer uitgesaai is. Die reeks word tans wéér op kykNET uitgesaai. Sy het die rol van Maggie, die ma van die gesin, gespeel.

“Ja, ek het nou die aand ’n episode van die derde reeks in 1992 gesien. Dit was nou vir my baie lekker. Ek het dit baie geniet en lekker gelag,” vertel sy.

Tog is dit vir haar moeilik om na haarself op die skerm te kyk.

“Ek word baie self-krities oor my spel, en vandag voel jy so ver verwyderd van daardie spel. Ek is baie ernstig oor my spel, al het ek dikwels komiese rolle vertolk.”

Sy sê ’n mens voel nogal blootgestel en sy is nogal skaam.

“Maar weet jy, Orkney was lekker, en omdat dit so baie heruitgesaai word, word ons heeltyd onder die aandag van die publiek gehou. Ek bedoel, ek stap eendag in Londen en hier sê ’n jong mens: ‘Auntie Orkney Snork Nie!’. Toe is dit natuurlik ’n Suid-Afrikaner wat my herken. Dis eintlik so wonderlik hoe die mense jou herken.”

Behalwe vir Orkney, was ’n ander baie groot reeks vir haar Mattewis en Meraai. Voor dit het sy in verskeie rolprente en reekse gespeel, waar onder Skooldae, Vyfster en Bosveldhotel.

Sy was ook in ’n eenvroustuk Heilige Modder, wat ’n biografiese teks oor die digter Sheila Cussons was. “Dit was my laaste werk voordat ek oorsee is. Sheila Cussons het toe nog geleef en ons het haar toestemming gehad om die produksie te kan doen.”

Vir agt jaar sou Suid-Afrikaners haar nie op eie bodem raakloop nie.

“Ek is na Engeland, want ek wou bietjie op hoogte kom van die nuutste tegnieke in toneelspel. Ek wou verder leer. En toe gaan ek oor sonder werk, maar toe sien twee advertensies vir dosente by dramaskole, en ek het aansoek gedoen. Ek het uiteindelik by die Royal Shakespeare Company by die  University of Central England klasgegee.

Ek was ’n stem- en toneellektrise. En terselfdertyd het ek baie kennis ingewin. Dis vir my vreeslik lekker om saam met jongmense te werk.”

Ook het sy in dié tyd die kans gehad om te sien hoe Judi Dench en Ian McMillan repeteer.

Sy het haar eie drama-akademie in Witrivier, waar sy en haar man van 40 jaar, die akteur Will Roberts, deesdae woon. “My studente wissel van negejariges tot mense van 55 jaar oud.”

Toe sy aanvanklik na Suid-Afrika teruggekom het, het sy dit nie “geadverteer”nie.

“Sean Else, vir wie ek klas gegee het, het my een aand by ’n geleentheid opgemerk en dis hoe ek in die rolprent Platteland beland het.”

Vandat sy terug is, het sy ook verskyn in Villa Rosa, Hartland, en in ’n DSTV-advertensie.

“Ek het ook onlangs ’n televisiereeks in die Kaap geskiet en ek werk aan ’n eenvrouvertoning wat waarskynlik volgende jaar by Innibos sal open.”

Die verhoog bly steeds dié uitdaging, sê Annette, maar die ononderhandelbare eerlikheid van filmwerk trek haar baie aan. “Ag, ek vat dinge rustig, maar dis lekker om te kan werk. En dis ’n groot dankbaarheid.”

* Pretville het 23 November by teaters begin draai en het sover ongeveer R3 miljoen verdien. Dit wys steeds in 46 teaters.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Chris Barton sê... Ek het ook die berig in Beeld gaan lees en moet met jou saamstem. Die outeur van hierdie berig in Rapport het dit heeltemal verdraai. Opsetlik Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 18-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.