Geraamtes in Kuba se koskas

2013-02-23 23:04

Roland Waterboer (24) van Pofadder in die Noord-Kaap, ’n mediese student in Santa Clara, Kuba, het eerder ’n huis gehuur en maak sy eie kos.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Haar seun het verlede jaar 30 kg in drie maande verloor weens die “swak” voeding in ’n Kubaanse universiteitskoshuis, sê ’n bekommerde ma in die Noord-Kaap.

Haar seun, ’n mediese student wat liewer anoniem wil bly, was een van die 187 studente wat Dinsdag in hegtenis geneem is nadat hulle na die Suid-Afrikaanse ambassade in Havana opgeruk het om ’n griefstuk oor die “slegte” koshuiskos te oorhandig.

Donderdag het die student in ’n SMS aan sy ma laat weet: “Ma ek lewe darem nog (maar) is nie juis happy nie...”

Ontbyt, volgens hom, is “’n broodjie, middagete rys en ­eier en aandete soja en rys”. Hy het nou iemand in ’n naburige dorp gekry om vir hom kos te kook.

“Toe die organiseerder vir die Noord-Kaapse studente verlede jaar in Kuba was en hy my seun sien, het hy hom ‘doodgeskrik’.

“Eers tóé besef ek hoe geweldig swak die kos is,” sê die ma.

Sy stuur maandeliks geld “vir beter kos” aan haar seun, sê sy.

“Die regering moet ingryp. Suid-Afrika ploeg geld in Kuba in en het ooreenkomste met die land.

“Ja, hulle besoek die land, maar maak nie kontak met die studente nie.”

Die studente staak al van 7?Februarie af en eis onder meer dat hul sakgeld van R1 700 per maand tot R6 200 verhoog word en dat ’n gesondheidsattaché in Kuba aangestel word.

Verlede week was hulle vier dae lank sonder kos omdat die gesondheidsdepartement glo nie die kosrekening betaal het nie, beweer die studente.

As daar nie aan hul eise voldoen word nie, sal hulle terugkeer huis toe, dreig hulle.

Sowat 1 200 Suid-Afrikaners uit armer gemeenskappe studeer in Kuba met beurse van die gesondheidsdepartement.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het nou in briewe aan die studente die staat se posisie verduidelik.

Dolly Waterboer van Pofadder sê haar seun Roland (24), ’n vyfdejaarstudent aan die Villa Clara- mediese universiteit in die stad Santa Clara, het nou eerder ’n huis gehuur en kook sy eie kos.

“Ek kry swaar, maar stuur soms geld – my kind moet gesond eet. Die regering moet darem vir my meer inligting gee,” sê Waterboer.

* Joe Maila, woordvoerder van Motsoaledi, het eergister gesê die studente se staking was “onwettig”.

Die regering gaan nie die toelaes verhoog nie.

Die aanstelling van ’n attaché is goedgekeur, maar hy kon weens ander verpligtinge nog nie vir diens aanmeld nie.

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, sê die studente is ondankbaar en kan gerus terugkeer aangesien daar baie ander is wat hongerder as hulle is vir die geleentheid.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Cathy Kotzé sê... Hy was vir baie van die kommentators op Abel se blog 'n enigma; 'n Christelike wetenskaplike. Ek was bevoorreg om een aand na een van sy praatjies te gaan luister. Wat 'n inspirerende man! Vir hom was daar nooit 'n konflik tussen die wetenskap en sy geloof nie. Sterkte aan sy familie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town IT
R450000 - R500000

Management accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.