Gerwel se waardigheid geloof

2012-12-01 23:58

Professor Jakes Gerwel. Foto: Felix Dlangamandla/Foto24

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dié veelsydige leier het dit altyd met waardigheid, opregtheid, integriteit, kundigheid, omgee en veral nederigheid gedoen. 


So dikwels as wat die kollig op hom geval het, so min gewig het hy gegee aan die belangrikheid van die posisies wat hy in die samelewing beklee het. 

Vir hom het dit méér oor die saak en oor waardes as oor homself gegaan. 

Dit was die kernboodskap gister by ’n roerende gedenkdiens ter nagedagtenis van dié sakeleier, akademikus en politieke denker by die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) waar hy voorheen rektor was. 

Gerwel (66), voorsitter van die Media24-direksie en kanselier van Rhodes-universiteit, is Woensdag ná ’n hartomleiding oorlede. 

Hulde is aan Gerwel gebring deur onder meer sy seun, Hein; Koos Bekker, uitvoerende hoof van Naspers; Brian O’Connell, UWK-rektor; Joel Netshitenzhe namens die presidensie; die akademikus en skrywer prof. Njabulo Ndebele; en Shaun Johnson namens die Mandela-stigting. 

Trevor Manuel, minister in die presidensie, het die verrigtinge gelei. Gerwel jr. het gesê sy pa, wat ’n groot krieketliefhebber was, het krieketreëls ook op sy leefwyse toegepas – dis om altyd ’n regverdige spel te speel en te onthou niemand is groter as die spel nie.

“Hy het ’n nederige selfvertroue gehad en geglo daar is eenheid in diversiteit. 

Hy was ’n voorbeeld van integriteit en morele waardes. Maar bo alles het hy sy gesin onvoorwaardelik liefgehad.” 

Graça Machel, oudpres. Nelson Mandela se vrou, het in ’n boodskap wat deur Manuel voorgelees is, gesê Gerwel was ’n steunpilaar vir haar en haar man. 

“Hy was altyd daar vir ons, en het ons selflose wysheid en kalmte gebied wat vir ons ’n veiligheidsnet was.” 

Gerwel was die teenoorgestelde van ’n “rassis”, het Bekker gesê. 

“Hy was die een mens wat dit kon regkry om die wêreld altyd vanuit verskillende perspektiewe te beskou. 

Hy het geglo ’n nasie kan net groei as ’n mens kan sien deur die laag van pigmentasie tot binne-in die hart van menslikheid.” 

Volgens O’Connell het Gerwel hom altyd beïndruk deur sy hantering van en trots op sy moedertaal, Afrikaans. 

“Jakes het geglo bevryding en opvoeding kan nooit van mekaar geskei word nie.” 

Die geleentheid is bygewoon deur onder andere oudpres. FW de Klerk en sy vrou, Elita; Maria Ramos en die sanger David Kramer wat Skipskop vir Gerwel gesing het. 

Gerwel se vrou, Phoebe, is bygestaan deur hul kinders Hein en Jessie, en hul uitgebreide familie. Lees ook die huldeblyk op die voorblad van Weekliks.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.