Gesant kom huis toe ná dwelmdood in sy huis

2012-09-10 05:50

Die Suid-Afrikaanse diplomaat in Parys, Frank­ryk, in wie se huis ’n vrou verlede naweek aan ’n oordosis dwelms gesterf het, sal stil-stil terugkeer na Suid-Afrika terwyl die openbare vervolger in Parys moontlike klagtes van straf­bare manslag en dwelmsmokkelary ondersoek.

Rapport het eergister verneem van die “uitleweringsooreenkoms” van die diplomaat – een van ’n handvol eerste sekretarisse, oftewel attachés, in die Suid-Afrikaanse ambassade in Parys.

Die attaché word deur diplomatieke immuniteit beskerm.

Sou hy van enige misdrywe verdink word, kan ’n klag nie in Frankryk teen hom aanhangig gemaak word nie.

Soos Rapport verstaan, sal hy teruggebring word na Suid-Afrika om “ongemaklikheid” in Parys te vermy, veral aangesien dwelmsmokkelary vermoed word en dit dalk tot ’n diplomatieke uitval tussen Suid-Afrika en Frankryk kan lei.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, het Maandag aan Cape Times gesê die diplomaat is ’n man.

Rapport het vasgestel daar is drie mans in die ambassade met die titel eerste sekretaris.

Agnes Thibault-Lecuivre, woordvoerder van die openbare vervolger in Parys, wou ingevolge die diplomatieke immuniteit nie die diplomaat se naam bekend maak nie.

Die diplomaat en ses ander mense wat verlede Saterdagmiddag nog by sy huis was toe die 26-jarige vrou begin siek voel het, is die afgelope week ondervra.

Die vrou het Saterdagmiddag gaan slaap, maar nie Sondag wakker geword nie.

’n Lykskouing Maandag het getoon daar was ’n dodelike hoeveelheid kokaïen, heroïen, alkohol en ’n middel wat dwelmmiddels verdun in haar bloedstroom.

Sy is aan water op die longe dood.

Luidens berigte in Frankryk ondersoek die polisie en vervolgingsgesag juis wie die dodelike hoeveelheid onwettige dwelms aan haar verskaf het. Daar word verneem die groep mense is ná ’n partytjie Vrydagaand na ’n geselligheid by die diplomaat se woning.

Nie die Suid-Afrikaanse ambassade in Parys, die departement van buitelandse sake óf die Franse ambassade in Pretoria het kommentaar gelewer nie. Die Franse konsulaat het navrae na Suid-Afrika se ambassade in Parys verwys.

Intussen gons dit op Franse webwerwe oor die vrou se dood.

Haar naam is nie bekend gemaak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 16-21°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.