‘Gewalg’ deur Zuma se voorstel oor moraliteit

2010-02-27 22:32

René-Jean van der Berg

“Vir pres. Jacob Zuma om ’n beraad oor kulturele en tradisionele kwessies en moraliteit te hou is so goed die AWB hou ’n beraad oor rassisme.”

Dít was prof. Jonathan Jansen, rektor van die Vrystaatse Universiteit (UV), se reaksie op Zuma se versoek aan tradisionele leiers om moraliteit onder die loep te neem.

Jansen het in Johannesburg deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) se gesprek oor die morele verval in die land.

“Ek is gewalg dat hý (Zuma) so iets kon voorstel,” het Jansen gesê teen die agtergrond van die heftige openbare debat oor Zuma se buite-egtelike kind. Zuma het nou 20 kinders.

“Waar trek hy die lyn tussen poligamie en promiskuïteit?”

Jansen het Zuma en ander politici se verknogtheid aan weelde uitgelig as ’n verdere voorbeeld van morele verval. Hy glo “ ’n kultuur van parasitisme, korrupsie en morele verval” laat die regering in Suid-Afrika misluk.

“Die jeug neem dikwels besluite op grond van wat hulle om hulle sien gebeur. Suid-Afrika is tans in ’n baie gevaarlike situasie.”
Jansen sê wit én swart Suid-Afrikaners het hul vertroue in die regering begin verloor: “Ek is een van hulle.

“Protesoptogte is ’n duidelike bewys van die vertrouensverhouding wat nie meer bestaan nie. Boonop is dit lank nie meer die regering wat die land aan die gang hou nie, maar nie-regeringsorganisasies wat intree waar mense nie meer kos het om te eet nie.”

Jansen sonder onderwys uit as ’n groot probleem. “Hoe het pres. Nelson Mandela se land in dié krisis beland?”

Volgens hom is die pad na herstel nie maklik nie en het die regering nie die vermoë om dit te doen nie. “ ’n Oplossing vir die Suid-Afrikaanse krisis hang al meer van onafhanklike organisasies af.”

“Ek het lank en hard oor hul lot gedink... het ons die reg om opvoeding van studente te weerhou?” sê Jansen oor sy uitnodiging aan die vervaardigers van die Reitz-walgvideo om hul studies aan die UV te hervat.

Drie van die vier Reitz-studente was verlede week weer in die hof, waar hulle gehoor het hul verhoor word in Julie hervat. Dít kom nadat ’n versoeningsproses buite die hof misluk het.

“As die studente nie die ‘ontgroening’ van die koshuiswerkers verfilm het nie, sou niemand hiervan geweet het nie. Ek is seker sulke voorvalle kom ook by ander universiteite voor, maar niemand weet daarvan nie.”

Jansen sê die UV is die mees geïntegreerde universiteit in die land. “In al ons koshuise geld ’n 50/50-integrasiebeleid.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
43 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

louis.heydenrych sê... Vrygelaat op parool omdat hulle swart is . Die Boeremag lede is al agt jaar in die tronk en die saak is nog steeds nie afgehandel nie omrede daar nie genoegsame bewyse is nie . Het geen moord gepleeg nie maar word aangehou en mens kan verstaan hoekom hulle probeer ontsnap . Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.