Ghaddafi skiet met SA arsenaal

2011-06-18 23:45

In die videogreep vertoon ’n Libiese rebel ’n Suid-Afrikaanse skerpskuttergeweer wat van ’n Libiese regeringsoldaat afgeneem is.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hier is dit – die bewyse dat Suid-Afrikaanse skerpskuttergewere deur die veiligheidsmagte van die Libiese diktator, kol. Moeammar Ghaddafi, teen sy eie mense gebruik word.

Die Suid-Afrikaanse regering weier steeds volstrek om te bevestig dat sowat 120 hoogs gesofistikeerde skerpskuttergewere van Truvelo Manufacturers in Midrand aan Libië verkoop is.

Maar in ’n video wat deur Rapport bekom is, word dié wapens deur Libiese rebelle vertoon nadat dit tydens gevegte in die stad Misrata van regeringsmagte afgeneem is. (Skandeer/kiek die ikoon op bl. 4 met jou selfoon-kamera om na die video te kyk.)

Sowat 15 000 mense het reeds gesterf in die Libiese burgeroorlog wat vier maande gelede uitgebreek het nadat Ghaddafi betogings ten gunste van demokrasie met geweld onderdruk het. Volgens internasionale nuusberigte is burgerlikes met skerpskuttergewere doodgeskiet tydens betogings en begrafnisse.

En me. Marixie Mercado, woordvoerder van die Verenigde Nasies se agentskap vir kinders, het gesê volgens betroubare inligting word vroue en kinders gereeld deur Ghaddafi se skerpskutters as teikens uitgesonder.

Suid-Afrika se openbare beskermer, adv. Thuli Madonsela, oorweeg ’n DA-versoek om die land se wapenverkope van R68,9 miljoen aan Libië in Oktober 2010 te ondersoek.

Suid-Afrika se komitee oor beheer oor konvensionele wapens (NCACC) het oplaas bevestig wapentuig is aan Ghaddafi verkoop, maar weier om te sê of die skerpskuttergewere en tot 70 000 patrone daarby ingesluit was.

Benewens videogrepe waarin Libiese rebelle die Truvelo-gewere omhoog hou, is ’n soortgelyke wapen te sien in ’n Al Jazeera-nuusverslag van 29 Mei vanjaar.

Mnr. Tom Wolmarans, ’n oud-polisieman wat vir die internasionale straftribunaal in Den Haag gewerk het, het aan Rapport gesê die wapens in die video’s het “sewe of agt hoogs unieke kenmerke” wat eie is aan die Truvelo. Ander wapen- en forensiese kenners het saamgestem.

In Februarie vanjaar het me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en NCACC-lid, ontken dat sy iets weet van die verkoop van die skerpskuttergewere aan Ghaddafi se regime. Mnr. Jeff Radebe, NCACC-voorsitter, het later erken dat “Kategorie A-wapens” (konvensionele wapens wat menseverliese kan veroorsaak) na Libië uitgevoer is. Hy het egter gesê ten tyde van die transaksie “was daar geen getuienis… dat daar enige politieke onrus in die land sou wees nie”.

Suid-Afrikaanse wetgewing oor konvensionele wapenverkope bepaal dat handel ontoelaatbaar is met lande wat aan “onderdrukking, aggressie of terrorisme” skuldig is.

Radebe het bygevoeg daar is geen bewyse dat sterftes in Libië deur Suid-Afrikaanse wapens veroorsaak word nie.

’n Direkteur van Truvelo, mnr. Ralf Gebert, het ook geweier om oor die maatskappy se Libiese saketransaksies te praat. “Daar is prosedures in Suid-Afrika wat ons volg.

“Ons hou by die reëls en regulasies en dis dit. Ons is nie bereid om te sê ja of nee nie,” het hy die afgelope week gesê.

Maar in ’n vroeëre onderhoud – toe hy gevra is of dit eties is om wapens aan diktators te verkoop – het Gebert gesê: “Jy bestuur ’n motor, reg? Laat jy uitlaatgasse uit jou voertuig? Jy maak mense dood, jy maak die omgewing dood.

“Wie gaan jy daarvoor blameer – Mercedes of BMW? Hoe sal dit jou laat voel? Gaan jy ophou om daardie kar te ry?”


Lewer kommentaar op hierdie artikel
79 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Wendy sê... Almal wat negatiewe kommentaar lewer,moet miskien verder as die ge-dokterde foto's kyk,en julself die vraag vra. Hoekom het hierdie twee persone vir so n kort tydperk by Fairacres gewerk? Was hul nie miskien afgedank weens wanpraktyke of selfs die mishandeling van die hoenders nie.Hoekom hou hul die foto's vir maande voordat hul reageer. Dit maak hul net so skuldig aan die mishandeling,aangesien hul die bewyse gehad het,en dit van die media weerhou het. Hoeveel hoenders het in hierdie tyd weens hul nalatigheid gevrek.Kyk MOOI na die foto's van die twee henne.Daar is geen teken van mis op enige van hulle nie,maar tog kan n mens skaars die hok uitmaak.Was die twee henne nie miskien deur die klaer in die hok geplaas vir n foto sessie nie.Die mis op die foto van die twee henne het duidelik twee vere daarop, en die mis op die eier voerband met die twee eiers daarop,het ook die twee vere daarop.hoe toevallig is dit? Lees die storie...

Weather
Lottery
Cpt: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bloem: 1-18°C Sunny. Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

FORD

Bantam 1.3i PU MY09
2010
R 94,990.00

AUDI

A4 1.8T
2004
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.