G’n Paasskou dié nie, pappie

2012-09-29 23:27

Die bekende radio-omroeper en platejoggie Tony Blewitt beskerm die model Ceondre Ford se kuisheid by Sexpo. | Foto: Playboy/Mariola Biela

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Skrapse klere, geoliede lywe, stoute speelgoed, pornosterre, masochiste en sadiste, ontkleevertonings, sweefstoktoertjies en Jan Alleman.

Dit is alles deel van Sexpo wat die naweek in Johannesburg aangebied is.

Die organiseerder sê dis die grootste uitstalling in sy soort ter wêreld. En die doel is “om mense in te lig, te vermaak en seksualiteit te vier”.

Waar sommige besoekers bloos as hulle uitgevra word, antwoord ander met selfvertroue oor hul teenwoordigheid daar.

“Ek is baie eng grootgemaak, mens is nie dié goed gewoond nie,” sê Sunette Els (46), wat Sexpo die eerste keer besoek het. “Ek het nie geweet wat om te verwag nie, maar ek het nog niks walgliks gesien nie.”

En dan poseer sy vir ’n foto by ’n reusagtige penis wat uit spons gemaak is.

Dit was die vierde keer dat Boyd Smit (49) ’n draai by Sexpo kom maak het. “Dis goed om na die praatjies te luister en op hoogte te bly van wat op die mark is.”

Daar is applous toe die Australiese kunstenaar Pricasso die omstrede The Spear-skildery van pres. Zuma voltooi deur sy penis as kwas te gebruik.

“Hy verf die spies met sy spies,” voel iemand dis nodig om hardop te sê.

Op ’n leerbank by ’n stalletjie lê ’n geblinddoekte vroulike besoeker van 40 op haar maag. Sy is konserwatief aangetrek, haar hande en bene agter haar rug vasgebind.

Ten aanskoue van ’n skare mense raps ’n man met ’n kaal bolyf haar op die boude met ’n houtplank.

“Dis die eerste keer dat ek so iets waag en dit was regtig ongelooflik,” sê sy ná die tyd en vryf haar gewrig waar die tou haar gekneus het.

“Ek was nog altyd nuuskierig oor dié soort ding, maar ek sal dit beslis weer doen.”

Baie paartjies kom saam na die Sexpo om maniere te vind om dinge in die slaapkamer op te kikker.

“Mens koop sulke pretpakkies vir paartjies. Dan is daar allerhande bederfies in soos ’n handskoen wat jou masseer, vibrators en so aan,” vertel ’n man.

“Elkeen het iets anders wat hom of haar opgewonde maak,” sê Miss B. Haar stalletjie se naam is Different Strokes for Kinky Folks.

Sy verkoop planke en latte soos dié waarmee die vrou pas geslaan is. En die omstrede seksboek Fifty Shades of Grey het definitief ’n invloed op verkope, sê sy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Johann Ronnebeck sê... PIESANG REPUBLIEK! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-23°C Sunny. Mild. Pta: 10-19°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 8-15°C More sun than clouds. Cool. Bfn: 8-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-23°C Sunny. Mild. PE: 12-24°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.