G'n ligte straf as jy inbreker skiet

2013-02-23 23:20

Selfs al word in die hof bewys Oscar Pistorius het vas geglo daar was ’n inbreker in sy huis, kan hy swaar gestraf word, het kenners gesê.

Pistorius se regspan mag dalk aanvoer dat hy uit “putatiewe noodweer” opgetree het toe hy vier skote deur ’n badkamerdeur afgevuur het en Reeva Steenkamp doodgeskiet het.

“’n Verweer van putatiewe noodweer beteken ’n beskuldigde was in ’n geestestoestand waar hy subjektief geglo het hy was aan gevaar blootgestel, hoewel objektief beskou daar nie gevaar was nie,” sê adv. Jo-Mari Visser, ’n dosent aan die Universiteit van die Vrystaat se regsfakulteit.

“’n Hof kan hom dan op ’n nalatigheidsmisdryf, dus strafbare manslag, skuldig bevind, pleks van ’n opsetlike misdryf, wat moord is.”

Die grondwetkenner Pierre de Vos reken so ’n verweer sal slegs slaag as Pistorius self oor sy gemoedstoestand tydens die voorval getuig.

“Omdat opset iets is wat subjektief getoets word, is die deurslaggewende vraag in watter geestestoestand die beskuldige hom bevind het. As ’n beskuldigde opreg, maar foutief geglo het dat hy aangeval gaan word en sy lewe in gevaar is, kan die hof bevind dat hy nie die opset gehad nie,” het De Vos Vrydag op sy blog, Constitutionally Speaking, geskryf.

“Al slaag die verweer van putatiewe noodweer, beteken dit nie dis die einde van die saak nie.

“’n Hof kan steeds bevind ’n redelike mens kon voorsien het sy aksies kan tot die dood van ’n ander lei en hy moenie daarmee voortgaan nie, ongeag die gevolge.

“Die staat kan opset bewys deur die konsep van dolus eventualis, wat beteken die beskuldigde mag dalk nie bedoel het om te dood nie, maar nogtans die moontlikheid voorsien het en voortgegaan het met sy dade.

“Molemo (Jub Jub) Maarohanye en Themba Tshabalala is op grond van dolus eventualis skuldig bevind omdat die hof bepaal het hulle kon voorsien hul roekelose bestuurstyl kon tot die dood van onskuldige omstanders lei,” skryf De Vos.

Selfs al is daar werklik ’n indringer in jou huis, is skiet altyd die laaste uitweg, bepaal die Strafproseswet.

Visser sê die wet maak voorsiening vir drie gevalle waarin mens in private verdediging (oftewel selfverdediging) optree:

* Wanneer die aanval op jou reeds in aanvang is;
* Wanneer jy ’n regsbelang (naamlik jou of iemand anders se lewe of eiendom) het om te beskerm; en
* Wanneer die aanval op jou onregmatig is.

“Elke saak word natuurlik op eie meriete deur die hof beoordeel. In die geval van ’n saak soos die pa (Glenn Boshoff) wat sy dogter verlede jaar deur ’n slaapkamerdeur geskiet het omdat hy aangeneem het dit is die inbrekers wat hy oomblikke tevore in sy huis gewaar het, sal die hof waarskynlik ’n vonnis op grond van humanitêre redes skrap.

“Met ’n verweer van private verdediging lê die bewyslas op jou dat die beserings wat jy toegedien het, onder die omstandighede regmatig was.

“Dit moet in teenreaksie van ’n onmiddellike, aggressiewe aksie wees, nie met voorbedagte rade en nie uit wraak nie,” sê Anton du Plessis, adjunkhoof van die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS).

Vir strafbare manslag kan ’n wye reeks vonnisse opgelê word, na gelang van die feite in ’n spesifieke saak – van ’n opgeskorte vonnis tot gevangenisstraf van tot 15 jaar.

Vir moord is die vonnis lewenslange tronkstraf, hoewel dit onder dwingende omstandighede verminder kan word.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
50 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C High level clouds. Mild.
Jhb: 3-14°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 1-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-26°C Sunny. Mild. PE: 8-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!