G’n oplossing om dodelike haai-aanvalle te keer

2013-01-20 01:20

Die pragtige Tweede Strand van die skilderagtige vakansieoord Port St. Johns in die Oos-Kaap is straks die gevaarlikste stukkie kuslyn ter wêreld weens die voorkoms van dodelike haaiaanvalle in dié seegebied.

Op Kersdag verlede jaar het haaie by dié gewilde strand die sewende slagoffer die afgelope vyf jaar geëis toe Liyo Sibili (22) van Ntsimbini, ’n dorpie 35 km van Port St. Johns af, doodgebyt is.

Geremy Cliff, navorsingshoof van die KwaZulu-Natalse (KZN) Haairaad, sê die gebied is buitengewoon gevaarlik.

Volgens hom sterf gemiddeld een uit elke ses mense wat deur haaie aangeval word.

Vir Port St. Johns is dit nou sewe uit sewe. Hier is baie meer sterftes weens verdrinking, maar die haaiaanvalle hier is buitengewoon dodelik.

“Dis jammer ons het nog nie ’n oplos-sing gevind nie. As daar iets was wat ons kon doen om die aanvalle te stop, sou ons.”

Mike Gatke, wat vroeër ’n branderryskool hier bedryf het, sê haai-aanvalle in Port St. Johns is ’n reuse-probleem.

“Haai-aanvalle gebeur oral, maar nie so erg soos hier nie. Die afge- lope vier jaar was hier ses noodlottige aanvalle – twee in een jaar. Dis nie toevallig nie.”

Die Mzimvuburivier wat die oseaan by Port St. Johns se Eerste Strand binnestroom, is ’n broeiplek vir die gevaarlike en aggressiewe Zambezi-haaie, volgens navorsing van die KwaZulu-Natalse Haaie-raad.

Spanne van die raad het vanjaar onder meer die Zambezi-, grootwit- en skeurtandhaaie in die oseaan, asook die Zambezi’s in die rivier, gemerk.

Luidens ’n verslag van die raad aan die departement van omgewingsake verlede jaar sal oplossings duur wees en die omgewing skend.

“In dié stadium van die navorsingsprojek het ons nog nie ’n eenvoudige oplossing vir die probleem gevind nie,” sê Cliff.

Luidens die verslag sal ’n getypoel die strand se ontspanningswaarde verbeter, maar nie van veel waarde wees vir goeie swemmers of branderplankryers nie.

Dit sal ook baie duur wees om te bou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Desmond Coertzen sê... Man voetsek uit my pad uit ek moet gaan beeste oppas Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.