G’n ‘sluwe seks’ toe hul in badkamer kuier

2012-09-17 06:03

Juliet Lupton

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daar was geen “sluwe seks” tussen die SuperSport-regisseur en die Bloemfonteinse vrou wat ná ’n Curriebeker-wedstryd in ’n badkamer vir gestremdes in die Vrystaat-stadion betrap is nie.

Maar, erken Juliet Lupton, die vrou midde-in dié herrie, dit was “dwaas” van haar om saam met ’n man – anders as haar kêrel – na dié badkamer te verdwyn.

André Knipe (48), ’n boer en Lupton se vriend van die afgelope anderhalfjaar, het reeds in die landdroshof in dié stad verskyn op aanklag van aanranding.

Hy het glo Saterdagaand Jacques van Schalkwyk so erg geslaan en geskop dat hy sy bewussyn verloor het.

Van Schalkwyk was die regisseur van die TV-uitsending van die wedstryd tussen die Cheetahs en die Westelike Provinsie. Sy blaas moes die afgelope week in die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein geheg word nadat dit tydens dié onderonsie geskeur het.

Volgens Lupton ken sy en Van Schalkwyk mekaar reeds die afgelope 29 jaar.

“Ons het feitlik saam grootgeword en het ’n ruk lank uitgegaan, maar ek het seker tien jaar laas iets van hom gehoor,” het sy aan Rapport gesê.

“Ek en nóg ’n vriend het Jacques ná die wedstryd toevallig voor die badkamers raakgeloop en aan die gesels geraak.”

Volgens Lupton het haar ander vriend ná ’n ruk geloop.

“Ek en Jacques kon mekaar nie ordentlik hoor tussen al die mense nie.

“Ek het hom aan sy arm by die badkamer ingesleep, waar dit stiller was,” het sy gesê.

“Hy was nog besig om my te vertel dat hy intussen getroud is en pragtige kinders het, toe André daar inkom.”

Volgens Lupton was Knipe “van sy kop af van bekommernis”.

“Hy en Jacques ken mekaar glad nie en André het gedink ek het iets oorgekom of was teen my sin in die badkamer,” het Lupton gesê.

“Daar was geen sluwe seks of enigiets van dié aard nie. Dit was bloot twee ou pêlle wat ingehaal het.”

Volgens Lupton, wat as plaasbestuurder vir Knipe werk, is hy “nie ’n monster nie”.

“André is nie die bakleierige of die jaloerse soort nie en hoewel ons almal ’n paar drankies gehad het tydens die rugby, was hy beslis ook nie dronk nie.

“Hy is net beskermend oor my en ek kan verstaan dit was baie dwaas van my om saam met Jacques in ’n badkamer in te gaan.

“Ek was aanvanklik krapperig oor die voorval, maar ek gaan by André staan. Hy is my ou beer en ons sal nie toelaat dat dit ons verhouding vernietig nie.”

Volgens Lupton het sy en Van Schalkwyk se vrou, Aletta, reeds “oor koffie” oor die voorval gepraat.

“Sy’s ’n pragtige mens en ek glo sy verstaan nou wat werklik gebeur het.”

* Van Schalkwyk het aan Rapport gesê sy huwelik “is nie in die gedrang nie”.

“My vrou weet wat gebeur het. Ek is aangerand sonder dat ek hom (Knipe) enigsins uitgelok het of dat daar ’n woordewisseling was,” het Van Schalkwyk gesê.

“Dit was glad nie ’n seksuele ding nie en hoewel ek nou net wil aangaan met my lewe, gaan hy boet.”

Van Schalkwyk het reeds aan verskeie gewilde TV-programme gewerk, waaronder die rugbygeselsprogram Oor die kole met die oud-Bokke Kobus Wiese en Toks van der Linde.

Marius Bruwer, Van Schalkwyk se prokureur, het by navraag bevestig ’n siviele eis van “honderdduisende rande” gaan teen Knipe ingestel word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Maka Drama sê... Borrels Blaas Brigade... BBB Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.