‘God kies die tyd’

2012-10-13 23:19

Harry Vermaak, vragmotorbestuurder van Port Elizabeth wat die afgelope week ’n man van ’n gewisse dood gered het toe laasgenoemde van die Van Stadensbrug wou spring.| Foto: Theo Jeptha

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die man sou die 86ste persoon gewees het wat van die Van ­Stadensbrug naby Port Elizabeth na sy dood spring.

Maar toe kom ’n barmhartige Samaritaan verby.

Harry Vermaak, ’n vragmotorbestuurder van dié stad, sê hy was Woensdag om 02:00 op die pad toe hy ’n motor by die brug sien staan.

Vermaak, wat van Port Elizabeth op pad na Plettenbergbaai was, het eers verby gehou, maar later teruggedraai.

“As ’n motor naby die brug staan, beteken dit net een ding: Iemand het hulp nodig,” sê Vermaak. Hy het aan die voertuig se deur geklop en ’n bleek man het uitgeklim.

“My tyd het aangebreek,” het die man, ’n pa van twee kinders, gemompel.

Sy plan was om van die “brug van die dood” te spring. Toe gaan sit hy daar in sy Mazda en wag sy uur af. Sy selfmoordbrief was klaar geskryf.

“In God se tyd. Nie joune nie. Net Hy besluit wanneer jy moet gaan,” sê Vermaak.

Hy het die polisie ontbied en die man aan die boarm vasgehou terwyl hy deurentyd met hom bly praat het. “God het my gestuur om jou te kom red en moed in te praat. As jy jou kinders lief het, moet jy teruggaan na hulle. Môre het hulle jou nodig en dan is jy nie daar nie.”

Vermaak, self ’n pa van nege kinders, vertel hy ken depressie; ook hy wou drie jaar gelede sy lewe beëindig. “Ek wou ook in 2009 my lewe neem nadat ek my besighede verloor het. Ek weet hoe dit is.”

Terwyl hulle op die polisie gewag het, het die man se selfoon gelui. Dit was sy dogter. Toe gee hy die foon aan Vermaak.

“Ek het vir die dogter gesê haar pa wil selfmoord pleeg. Daai kind was stukkend. Ek het vir haar gesê om ons by die polisiekantoor te kry.”

Die dogter het in trane uitgebars toe sy haar pa sien. Sy vrou was uitdrukkingloos, sê Vermaak.

Waarom die man nie meer wou lewe nie, is duister. Rapport het sy gesin gekontak, maar hulle wou nie praat nie.

“Dis ’n persoonlike saak vir ons familie,” het sy vrou gesê.

’n Dag voordat die man wou spring, het ’n ander man van die einste brug na sy dood gespring.

Hy was die 85ste geval.

Hulle moet weekliks mense wat wil spring van die brug verwyder, sê kol. Priscilla Naidu van die Thornhill-polisiekantoor, tien minute weg van dié brug.

“Wanneer mense snags wil spring, is dit moeilik vir ons kameras om dit op tel. Dis donker en die brug is nie belig nie,” sê Naidu.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
43 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Adre Claassens sê... Verstik ek nou aan my koffie soos ek lag! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.