Goeie tye dra hom deur donkerte

2012-08-12 00:11

Foto: Nasief Manie

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Altesame 15 jaar se krieketherinneringe en die steun van die hele land is wat Mark Boucher die afgelope drie weke deur die “donkerste tyd” van sy lewe dra.

Dié 35-jarige paaltjiewagter van die Proteas het die afgelope week vir die eerste keer gepraat oor die fratsbesering wat sy krieketloopbaan kortgeknip én hom feitlik sonder enige sig in sy linkeroog gelaat het.

Boucher, wat Suid-Afrika sedert 1997 in 147 toetse, 295 eendag- en 25 Twintig20-wedstryde verteenwoordig het, is verlede maand beseer in die toerspan se eerste oefenwedstryd op sy Engelse toer toe ’n dwarsbalkie hom in sy linkeroog getref het.

Hy het die lens, die­­ reënboogvlies en die pupil van dié oog verloor en daar was erge skade aan sy retina.

“Dit was baie emosioneel om my spanmaats in Engeland agter te laat. Almal het geweet ek sou ná die laaste toets op Lord’s uittree, maar dit was moeilik om dit só te doen en boonop baie onsekerheid te hê oor my gesondheid,” het Boucher gesê.

“Die lens, die vlies en pupil kan vervang word, maar die retina is die deel wat bepaal of ek weer sal kan sien.

“Al wat ek nou kan doen, is om geduldig te wees en te vertrou dat dit genoeg herstel.”

Volgens Boucher, wat die wêreldrekord hou vir die meeste gesamentlike slagoffers in internasionale krieket (999), weet hy steeds nie presies wat gebeur het nie.

“Sommige dokters meen die bal het die balkie in my oog ingekap, maar al wat ek kan onthou, is toe dit my tref.

“Ek het aanvanklik nie gedink die besering is te ernstig nie en ek het die oog probeer oopmaak. Daar was egter soveel vog in dat ek niks kon sien nie.”

Hy het sy handskoene uitgetrek en aan die oog gevat, sê Boucher.

“Ek het gedink dis bloed, maar toe ek na my hande kyk, het ek ’n witterige vloeistof gesien. Dís toe ek besef hier’s moeilikheid.”

Boucher het reeds verskeie operasies ondergaan en verduur steeds erge pyn. “Ek besef ek sal nooit weer krieket speel nie en dis jammer, want ek wou graag ’n bydrae lewer tot die Cobras (sy provinsiale span). Die gevaar is egter net te groot dat ek my linkeroog verder sal beseer of selfs skade aan my regteroog opdoen.”

Boucher beplan om ’n liefdadigheidsmaatskappy te stig en sal voortaan help om geld in te samel vir die Our Rhinos in Safe Hands-veldtog wat help met die bekamping van renosterstropery.

“Ek het lankal begin planne beraam vir ’n lewe ná krieket en ek en Jacques Kallis (die Protea-kolwer en Boucher se boesemvriend) het pas ons eie wynreeks bekend gestel.

“Dit word The Innings genoem en verkoop reeds uitstekend. Daar is ook ander opwindende moontlikhede, maar vir eers is my top-prioriteit om gesond te word.”

Intussen stroom boodskappe van medelye steeds in.

“Ek kry nou nog SMS’e van almal; van sport- en sakemanne tot politici en doodgewone mense.

“Dít, en al my Protea-herinneringe – soos ons oefenkamp in Switserland voor die begin van die Engelse toer – het my gedra deur die donkerste tyd van my lewe.

“Ek glo ek is in goeie hande. Dié is net nóg ’n uitdaging op my pad en ek sál dit oorkom.”

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 15-24°C Sunny. Mild. Pta: 13-23°C Showery. Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 9-19°C Scattered showers. Broken clouds. Mild. Bfn: 9-21°C Afternoon clouds. Mild.
Dbn: 15-20°C Passing showers. Mostly cloudy. Cool. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

kalahari.com se #1 topverkoperproduk

gobii se e-leser + GRATIS muurlaaier en kunsleeromhulsel nou R599, bespaar R340. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

25% op nuwe en topverkoperflieks

Kies uit gewildste titels soos Despicable Me 2, Gravity, Frozen, The Hunger Games: Catching Fire en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe boekuitreikings!

Kom loer na die opwindende boeke wat ons so pas uitgepak het. Titels sluit in David & Goliath van Malcom Gladwell, The Goldfinch van Donna Tartt en nog baie meer. Koop nou!

DVD’s vir minder as R100

Kry hierdie epiese trefferflieks vir minder as R100. Titels sluit in Frozen, Despicable Me 2, About Time, The Animal Communicator en nog baie meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!