Graad vang vat dalk ’n jaar langer

2012-10-27 23:57

Die skoolstelsel berei studente nie goed genoeg voor vir die eise van studies aan hoëronderwysinstellings nie.

Dit is duidelik uit die uitslae van die nasionale maatstaftoets (NBT) wat instellings gebruik om voornemende eerstejaars se vaardighede te meet, sê Robert Prince, adjunkdirekteur van die Universiteit van Kaapstad (UK) se program vir akademiese ontwikkeling.

Prince sê akademici raak toenemend bekommerd oor eerstejaars se vlak van gereedheid.

Onvoorbereide studente kan nie hul grade in die minimum tydperk voltooi nie en het bykomende steun nodig.

Daarom het verteenwoordigers van die land se 23 universiteite vroeër vandeesmaand besluit om sekere standaarde van die NBT te verhoog.

Waar ’n student voorheen minstens 62% moes kry om as “vaardig” in wiskunde geag te word, gaan dit vir die 2014-groep verhoog word tot 68%.

Die vaardig-standaard in kwantitatiewe geletterdheid word van 66% tot 70% verhoog.

Die minimum standaard om as bedrewe in akademiese geletterdheid geag te word, gaan wel van 65% tot 64% verlaag word.

Die NBT is in opdrag van ­Hoër Onderwys Suid-Afrika (Hesa) ontwikkel en instellings gebruik dit sedert 2009 om voornemende eerstejaars se vaardighede te meet.

Die nuwe skoolkurrikulum se matriekeksamen, bekend as die nasionale senior sertifikaat (NSS), is in 2008 vir die eerste keer geskryf.

Prince sê die NBT se doel is nie om die NSS te vervang nie.

“Die NSS meet wat ’n matriekleerling op hoërskool geleer het, terwyl die NBT ’n meting is van hoe voorbereid ’n matrikulant is vir universiteitsonderrig.”

Volgens Prince gebruik die meeste instellings die NBT, hoewel vir verskillende doeleindes soos plasing, toelating of navorsing. Die gewysigde NBT-standaarde vir 2014 sal volgens hom waarskynlik daartoe lei dat meer studente aangeraai word om hul graad oor vier pleks van drie jaar te voltooi, of om bykomende studiesteun te kry.

Prince se raad aan hoërskoolleerlinge is om te besef dat hulle ’n gebalanseerde kennisbasis nodig het om sukses op universiteit te behaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-20°C Partly sunny. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.