Grense: Mense stroom
2012-12-29 23:17
- Artikelopsies
- Deel
- Kry Rapport op
Honderdduisende mense is die laaste paar weke deur Suid-Afrikaanse grensposte na en van buurlande.
Van 13 Desember af is onderskeidelik 260 000 mense deur die Beitbrug-grenspos en 250 000 deur die grensbeheer by Lebombo, sê Patrick Moeng, woordvoerder van die grensbeheerkoördineringskomitee.
Moeng sê 80% van dié mense is uit Suid-Afrika na Zimbabwe en Mosambiek.
Die ander 20% het óf teruggekeer óf Suid-Afrika kom besoek.
Hy glo die meeste van laasgenoemde is dagbesoekers wat inkopies in plekke soos Messina kom doen.
“Die 23ste was die besigste met sowat 30 000 mense wat deur elke grenspos beweeg het,” sê Moeng.
Op dié dag is 20 000 mense deur die Ficksburg-grenspos in die Vrystaat na Lesotho.
Talle toeriste het getwiet oor hul frustrasie oor die lang toue.