Griekwastad: ‘Moord moes verkragting wegsteek’

2013-02-23 23:04

Hy’t haar verkrag en almal doodgeskiet om te voorkom dat die waarheid uitkom.

Dít was die motief van die 16-jarige (toe 15) seun vir die moorde op Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en hul dogter, Marthella (14), beweer ’n bron na aan die ondersoek.

Die gesinsmoord op Goeie Vrydag verlede jaar het die gemeenskap van Griekwastad geruk.

Die staat het Maandag aanklagte van verkragting en regsverydeling by die klagstaat gevoeg.

Rapport
het einde Augustus verlede jaar te midde van die seun se borgtogaansoek reeds die sekskinkel onthul, maar weens die aard van die ondersoek en die tydsduur van die toetse kon dit eers die afgelope week bevestig word.

Volgens die polisiebeampte was die seun en Marthella moontlik alleen op die familie-plaas, Naauwhoek, tussen 12 en 24 uur voor die moorde.

“Ons het lank vermoed wat die moontlike motief kon wees, maar dit is nou op rekord,” sê die bron.

Tydens Marthella se lykskouing is gevind sy het verskeie beserings aan haar geslagsdeel opgedoen wat ooreenstem met iemand wat teen haar wil gepenetreer is.

Daar is glo ’n oppervlakkige skaafwond, asook interne beserings en “skeure”.

Die staat gaan glo aanvoer die seun het Marthella verkrag, waarna sy haar ouers óf daarvan wou vertel óf reeds vertel het en dat die seun glo die .357-rewolwer uit die kluis van die Steenkamps gaan haal het en op die familielede losgebrand het.

“Deon was ’n stoeier en ek glo as hy uitgevind het, sou hy daai seun self vermoor het,” sê die bron.

Die regsverydeling-aanklag teen die seun spruit uit die seun se “doelbewuste” leuens oor die gebeure.

“Hy het valse verklarings afgelê en probeer om die polisie te mislei en op ’n dwaalspoor te plaas,” sê die staat.

Volgens ’n forensiese deskundige wat by die ondersoek betrokke was, is daar egter geen semen of DNS in Marthella gevind nie.

“Die gedwonge seksuele penetrasie-beserings was so 24 uur oud.

“Dit kon net die seun of haar pa gewees het,” bevestig die deskundige.

Dié bron sê die seun se verdediging kan dalk nou die verweer gebruik dat daar ’n derde persoon betrokke was.

Die seun is tans uit op borgtog en sy verhoor is geskeduleer vir 11 tot 29 Maart in die hooggeregshof in Kimberley.

Die staat se getuies het volgens die klagstaat van 76 tot 91 gegroei.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
61 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 11-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Showers late. Morning clouds. Mild. PE: 11-20°C Heavy rain. Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!