Griekwastad-moorde: Sekskinkel onthul

2012-08-26 21:34

Die beskuldigde in die Griekwastad-moorde word deur die polisie na die landdroshof geneem.| Foto: MARY-ANN PALMER

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Marthella Steenkamp, die 14-jarige meisie wat op Goeie Vrydag saam met haar ouers in hul plaashuis naby Griekwastad vermoor is, is vermoedelik voor haar dood deur haar moordenaar seksueel gemolesteer.

Verskeie bronne na aan die ondersoek en die familie het aan Rapport bevestig die polisie ondersoek sterk aanduidings dat Marthella voor die moorde seksueel aangerand is, vermoedelik deur die aanvaller.

Die vermoede is dat haar pa van dié molestering uitgevind het, waarna die aanvaller die familie se gewere uit die plaashuis se kluis gehaal en Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en Marthella vermoor het.

’n Tienerseun (16) staan tans in die landdroshof op Griekwastad tereg weens dié moorde.

Ingeligtes in die ondersoek sê daar is aanduidings dat Deon en Christel Steenkamp dadelik doodgeskiet is, maar dat Marthella by die huis se kombuisdeur uitgevlug het in die rigting van die plaasskuur, vermoedelik om met een van die gesin se motors te vlug.

Dit lyk of die aanvaller haar agternagesit en haar talle kere met ’n stomp voorwerp (vermoedelik die gesin se pistool) oor die kop geslaan het.

Dit is onbekend of sy haar bewussyn tydelik verloor en kort daarna self teruggestrompel het na die huis en of sy deur die aanvaller na die huis gesleep is, maar sy is uiteindelik in die sitkamer, reg langs die lyk van haar ma, doodgeskiet met ’n skoot in die gesig.

Toe kol. Dick de Waal, ondersoekbeampte in die saak en bevelvoerder van die eenheid teen georganiseerde misdaad in die Noord-Kaap, oor dié bewerings uitgevra is, het hy dit nie ontken nie, maar slegs geantwoord “geen kommentaar”.

Die volledige besonderhede van die polisie se saak teen die beskuldigde sal in die hof uiteengesit word.

Die afgelope week is talle gru-besonderhede van die moord in die hof onthul.

Adv. Willem Coetzee, die beskuldigde se regsverteenwoor­diger, het wel daarin geslaag om adv. Hannes Cloete, die staatsaanklaer, te keer om die volle­dige inhoud van die sowat 22 bladsye lange beëdigde verklaring van De Waal, asook honderde foto’s in die hof bekend te maak.

Coetzee het aangevoer daar is nie genoeg tyd nie.

De Waal het wel getuig Deon is drie keer geskiet (in die regterskouer, agter sy linkeroor en in die bors), Christel twee keer (tussen die skouer en nek en in die rug) en Marthella vier keer (in die gesig en bors).

Die gesin se .357-rewolwer en .22-geweer is in die aanval gebruik.

Marthella en Deon is boonop verskeie kere met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan.

Die beskuldigde het verder glo ná die voorval van twee hemde probeer ontslae raak. De Waal het in die hof getuig ’n donkerblou T-hemp is die dag ná die moorde in die beskuldigde se slaapkamer gevind. Dít nadat hulle die vorige dag op ’n ander hemp wat aan hom behoort het en wat hy elders weggegooi het, beslag gelê het.

Die donkerblou T-hemp is glo op twee plekke geskeur en was oortrek met bloedspatsels.

Daar is die afgelope vier maande 72 DNS-monsters en 64 beëdigde verklarings afgeneem.

Die polisie sal glo eers oor ’n maand die ondersoek afhandel en sê hulle kan moontlik nog sowat 40 verklarings afneem.

Die aanklagte van moord is tot dusver die enigste aanklagte teen die beskuldigde.

Rapport het drie weke gelede berig die enigste oorlewende van die Steenkamp-gesin, die Steenkamps se 16-jarige seun, is die enigste erfgenaam van sy ouers se boedel waarvan die bates in die Naauwhoek- en Edelweiss-trusts opgedeel is.

Rapport kan vandag bevestig die totale waarde van die bates in die boedel is R20 miljoen.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Ksd: 12-14°C Numerous showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 7-27°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 9-21°C Sunny. Mild. Bfn: 4-15°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 12-23°C Partly cloudy. Mild. PE: 9-19°C Showery. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!