Griekwastad-moorde: Seun smul, speel bal in sy tienman-sel

2012-09-03 05:57

bejaarde familielede van die minderjarige beskuldigde wat tereg staan vir die moorde van die Steenkamp-gesin in Griekwastad bring gister vir hom kospakkies na die Galeshewe-polisiestasie in Kimberley. Foto: Jacques Steenkamp

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Hy lees boek, hy speel met ’n tennisbal en hy eet sjokolade en skyfies.

Só verwyl die 16-jarige seun, wat op Griekwastad teregstaan weens die moord op die Steenkamp-gesin, sy tyd in sy tronksel.

’n Uitspraak in die borgtogverhoor oor die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou, Christel (43), en hul dogter, Marthella (14), word môre verwag.

Die seun is sedert verlede Vrydag in aanhouding in die Gale­shewe-polisieselle op Kimberley.

’n Familievriend wat nie geïdentifiseer mag word nie om die minderjarige beskuldigde se identiteit te beskerm, sê dié seun is heel tevrede met sy omstandighede in die tronk.

“Hy bly alleen in ’n redelike groot sel waarin sowat tien mense maklik sou pas. Sy sel is apart van die ander selle waar al die rumoeriges op kort termyn aangehou word.

“Hy het vir my gesê hy is in sy skik met hoe die tronkbewaarders hom behandel.”

Die seun se sel is glo sowat ­4 m by 4 m, met ’n betonsitplek, toilet en stort in die sel.

Die seun slaap op ’n dun matras op die vloer wat deur die polisie verskaf is, terwyl sy familie vir hom beddegoed aandra.

Hy mag glo nie ’n gordel by hom hê of skoene met veters dra nie omdat hy homself daarmee sou kon seermaak.

“Ons het daaraan gedink om vir hom ’n skootrekenaar te neem sodat hy daarop flieks kan kyk, maar omdat daar nie kragproppe in die selle is nie en ons nie vir hom ’n kragdraad van elders kon voer nie, kon ons nie.

“Ons het maar vir hom boeke in verskeie genres gevat, want ons was onseker waarvan hy sal hou. Hy het al ’n paar boeke gelees, maar ek dink hy is nou redelik gatvol daarvoor.”

Hulle het vir die seun ’n tennisbal gevat om mee te speel en teen dié tyd kan die seun al ’n hele paar toertjies daarmee doen.

Familie en vriende het met die polisie gereël dat hulle vir sy kos sal sorg, aangesien die seun glo nie gevangeniskos wil eet nie. “Ons kan nie vir hom kookkos of ’n steak vat nie, want hy mag nie ’n mes of vurk gebruik nie. Daarom vra ons hom waarvoor hy lus is en maak ons beurte om vir hom kos te neem.”

Die seun kry ook lekkergoed soos sjokolade en skyfies.

Die seun kry ook daagliks besoekers. Die familie is glo egter bekommerd oor ’n paar vreemdelinge (vermoedelik nuuskierige lede van die publiek) wat al probeer het om die seun by die tronk te gaan besoek, al weet nóg die seun nóg sy familie wie dié mense is.

As sy aansoek om borgtog misluk, sal die seun se familie volgens die familievriend na die hooggeregshof in Kimberley appelleer.

Dit sal tien dae neem waartydens die seun in aanhouding sal bly. Die familievriend het ook aan Rapport gesê die seun beweer daar is op die dag van die moorde ’n sak vol geld uit die Steenkamps se huis gesteel, maar dat die polisie “weier” om hom daaroor te glo.

Die seun se verdediging gaan na bewering verder daaroor uitbrei tydens die verhoor.

“Ek wil hê die verhoor moet so gou moontlik verby wees sodat hy kan aangaan met sy skoolloopbaan,” sê die familievriend.

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-16°C Showers early. More sun than clouds. Cool. Pta: 3-17°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Cool.
Dbn: 9-25°C Sunny. Mild. PE: 12-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.